AA
Albert A

1 reviews | Active since Aug 2023

26 Aug 2023, 10:45

Ek het op 25 Aug 2023 'n telefoniese navraag met Virseker gehad

Ek het op 25 Aug 2023 'n telefoniese navraag met Virseker gehad. Die manlike persoon op die s***elbord was baie professioneel, vriendelik en hulpvaardig. Hy het my deurges***el na 'n konsultant, Letitia Abdoel. Ek was beïndruk met haar kennis, hulpvaardigheid en vriendelikheid. Sy is voorwaar 'n aanwins vir die organisasie. Dit is sleg om 'n verhouding te bou met 'n werknemer wat jou persoonlike behoeftes op die hart dra en dan word die persoon bevorder of oorgeplaas, soos met Bonita gebeur het, nie dat mens hulle dit nie gun nie, maar darem. Nogmaals baie dankie vir die hulp en bystand wat ek ontvang het. Aan Bestuur. Verander asseblief die musiek wat gespeel word terwyl 'n mens wag om gehelp te word. Dankie. Albert Williams (***)

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply26 Aug 2023, 10:50
Official
Goeie dag Albert Williams,

Dit is wonderlik om te hoor! Ons waardeer jou terugvoer.

Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.