CF
Chante F

1 reviews | Active since Jul 2012

29 Aug 2024, 10:00

Ek begin te wonder...

Ek het onlangs aangesluit, die konsultant was baie hulpvaardig en dit was vinnig en maklik om dekking te kry vir my motor. Ek is egter meegedeel dat ek enige tyd my polis self kan bestuur via die webblad of die app en dis glad nie die geval nie. Ek het suksesvol ingeteken op my aanlyn profiel, maar as ek enigiets probeer wysig word ek geblok deur "403 Forbidden". Ek het 'n klagte ingedien en die konsultant laat weet dat dit na 24 uur steeds nie werk nie. Sy het gekyk en gesê die stelsel blok my om draagbare besittings by te voeg, want ek het nie huishoudelike versekering nie. Dit is bietjie vreemd? Hoekom dan die diens adverteer as dit net vir sekere kliënte beskikbaar is en hoekom is dit net vir sekere kliënte beskikbaar? Is my voertuig en draagbare besittings dan nie goed genoeg besigheid vir Virseker, dat ek nie dieselfde voordele kan geniet as ander kliënte nie? En let wel, dis nie net by draagbare besittings byvoeg wat ek geblok word nie, ek kan geensins enige verandering maak en dus glad nie my polis self bestuur soos daar aan my geadverteer is nie. Dus moet ek steeds elke keer die konsultant ****ak as ek 'n verandering wil maak.

Ek het ook glad nie die vermoë om my polis te bestuur vanaf die app nie soos daar aan my gesê is nie. Dit was handig om my voertuiginspeksie se fotos op te laai, maar verder kan ek net my polis inligting besigtig en dit lyk my mens kan dit ook gebruik om noodbystand te ontbied. Verder sien ek nie die nut van die app nie.

Dit is glad nie 'n goeie eerste indruk nie en ek begin wonder of ek die regte besluit geneem het om na Virseker te skuif!

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply29 Aug 2024, 10:05
Official
Hi  Chante,

Ons is bekommerd om hiervan te hoor en wil graag om verskoning vra vir enige ongerief wat veroorsaak word. 

Neem asseblief kennis dat ons sal reël dat ons span jou hieroor ****ak. 

 Vriendelike groete, 
Die Virseker span.