SW
Sonja W

1 reviews | Active since Feb 2014

26 Jun 2025, 12:04

EIS INGEDIEN IN 1992

Hallo Ian, Ek gaan nou baie sarkasties wees op hierdie review, bloot omdat ek nie nou terug gaan gaan na die argiewe toe om die regte datums te kry nie, nie en omdat ek op jou reply gaan staat maak om almal wat hier lees te kan help met die regte datums. Ek het in 1992 'n eis ingedien dmv email, die eis is tot vandag toe nog nie afgehandel nie, net 'n laaste nota op die eis (EIS NR ***) dat jy, wat Ian is, my soek, die nota is al op 18de gemaak. Ek weet nie of hierdie nuwe inligting vir jou is nie, maar vandag is die 26ste Junie 2025. Jy is nou welkom om na die volgende reference nommers te gaan kyk van 1992 ***. Hoe onbevoeg die mense was in die emails om nie my eie polis nommer vir my te kon gee nie omdat hulle spitefull was omdat ek sarkasties was, ook omdate hulle niks inligting vir my kon gee omdat ek nie weet wat my eis nr is nie, ag en daar was soveel van sulke gevalle dat as jy my nou so uurtjie kans gee dan kan ek nou lekker gaan puzzle bou aan al die emails wat oor en weer gestuur is van julle kant af na my toe en van my af na julle toe, maar steeds is die eis nie uit betaal nie, en ek is alleen by die huis met die kinders want my man is op 'n werks episode land uit. So hier sit ek by die huis nou, sonder sekuriteit kameras, ek sal ook graag wil he, indien daar iets sou gebeur met my of die die kinders in hierdie tyd wat ons nou al vang 1992 af sukkel om ons sekuriteits kameras deur julle uit gesorteer te kry, dat al hierdie dinge op skrif is, want iemand gaan verantwoordelik gehou moet word hiervoor. So Iantjie, jy soek my nou al 'n geruime tydjie, jy het nie dalk al besluit om 'n ander manier te probeer om my in die hande te kry behalwe die manier waarop jy huidiglik probeer nie, want jou huidiglike manier werk nie, jou pos duiwe kom nie by my uit nie.

0
Replies (2)
Virseker
Virseker's reply26 Jun 2025, 12:09
Official
Goeie dag 
Ons erken ontvangs van jou klagte en vra om verskoning vir enige ongerief wat aan jou veroorsaak is. 
Ons span sal met jou in ****ak wees om jou bekommernisse te bespreek en hierdie saak sal so gou moontlik na die betrokke departement geëskaleer word.
Groete,
Die Virseker Span
SW
Sonja W's update26 Jun 2025, 12:42
Reviewer Update
Hierdie saak is steeds onopgelos en ek sal hier kom aandui indien die saak opgelos word in die toekoms, maar tot nou toe, is die saak onopgelos