RC
Robert C

1 reviews | Active since Oct 2014

09 Dec 2016, 08:00

Bybetaling baie hoog!

<p>Ek was so bly om by virseker aan te sluit want hulle ondersteun my taal en dit is lekker om my taal te kan praat. Toe ek my virsekering by OUTSURANCE gekanselleer het, het hul my gewaarsku dat ek n baie hoog bybetaling by VIRSEKER gaan kry. Maar ek het net gekyk na my maandelikse premie. Wat n groot verassing het ek nie by VIRSEKER gekry nie, toe ek my eerste eis doen vir weerling skade op my TV. Ek het maar n 32 inch gehad en het hul ge****ak om te kom optel om te sien of hul hom kan herstel of vervang. Hy kon nie herstel word nie, so ek het n oproep van Dorothy ontvang en gese hul sal n uitbetaling maak van R3800, MAAR my bybetaling is R2400. Hoe kan dit wees? R2400 kan ek gebruik om self n ander TV te koop. So ek het nie huisinhoud virsekering nodig nie, waarvoor betaal ek? Ek het my eis gekanselleer en dit is nie al wat ek gaan kanselleer nie. Baie teleurgesteld. Wil maar net he ander moet nie dielsefde fout maak nie. Gaan nie vir VIRSEKER wag om my in die toekoms weer met n lekker verassing te byt nie.</p>

0
Replies (3)
Virseker
Virseker's reply09 Dec 2016, 08:47
Official

Dankie vir jou terugvoer.

Ons gaan u binnekort s***el om die aangeleentheid te bespreek.

Groete,

Die Virseker Span

RC
Robert C's update09 Dec 2016, 09:03
Reviewer Update

Dankie Louis. Soos ek gese het ek weet daar is n bybetaling maar wees redelik en kyk na die bedrae. Hoekom kan die diens nie altyd so wees nie? Lekker dag!

Virseker
Virseker's reply09 Dec 2016, 09:08
Official

Dankie dat jy ons oproep geneem het, ons het jou eis geskik soos bespreek.

Groete,

Die Virseker Span