FG
Fanie G

1 reviews | Active since Jan 2019

10 Jan 2019, 14:00

Buitensporige premieverhoging van bykans 25%

Ek het my polis by virseker in Desember 2018 summier gekanselleer na ’n styging van bykans 25% in my premie vir 2019. Ek het geen eise gehad nie en my risikoprofiel het geensins verander nie. Die konsultant met wie ek telefonies gepraat het, het wel aangebied "om te kyk of ons ’n beter premie kan beding" maar ek het hom meegedeel dat ek nie verder belangstel nie. Die brief wat ek vroeër ontvang het waarin ek oor die verhoogde premie ingelig is, het allermins ’n logiese verduideliking vir die buitensporige verhoging gegee. Ek vind ook virseker se misbruik van Afrikaners se positiewe gevoel oor hul taal, ter wille van goedkoop reklame, uiters onsmaakvol. Dit geld ook sommer vir hul erg pretensieuse televisieadvertensies.

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply10 Jan 2019, 16:05
Official
Ons erken ontvangs van jou klagte. 

Soos met ons verteenwoordiger bespreek, ons neem kennis van die feit dat u ongelukkig is oor die verhoging. Ons is jammer dat ons u nie van n beter premie kan voorsien nie en dat ons u as klient verloor het. 

Vriendelike Groete, 
Die Virseker Span.