MLGm
Mev. Le Grange mercial

1 reviews | Active since Oct 2021

21 Oct 2021, 08:58

Baie Dankie

Hello Peter,

Soos met soveel mense deesdae, was dit my beurt om 'n eis in te sit.... my yskas het besluit om die gees te gee, en ek het dit te laat agterkom. My dekking het ongelukkig nie 'n nuwe yskas ingesluit nie, maar dit het wel die inhoud wat afgegaan het, gedek. Die diens by Virseker was alles telefonies.... baie behulpsaam, vriendlik, gerieflik en ín 'n oogwink verby... en die beste van alles was dat die geld nog dieselfde dag in my rekening inbetaal is! Virseker is beslis baie professioneel, en ek sal enige iemand na hulle toe verwys. Baie dankie vir julle lae pryse, en puik diens - alles in my eie taal ! Mercia

0
Replies (1)
Virseker
Virseker's reply21 Oct 2021, 10:04
Official
Hi  Mev. Le Grange,

Dit is altyd wonderlik om sulke positiewe terugvoer te ontvang. Dankie dat u die tyd geneem het om hierdie kompliment te plaas. 

Vriendelike Groete 
Die Virseker Span