ZW
Zan W

1 reviews | Active since Sept 2018

01 Apr 2026, 16:58

Allesbehalwe Virseker: Wiel 1 ( Ja, dis so sleg dat dit in paaiemente vertel moet word)

“ #1 in kliëntediens! Wanneer dit kom by twak praat, is Ricus en Hamilton voor in die koor. Maar wanneer dit by versekeringsdiens kom wat jou taal praat en jou gemeenskap verstaan, dan is daar geen nonsens nie. Kom kyk self, kry 'n kwotasie en ervaar die verskil.” Ek weet nie wie Ricus en Hamilton is nie, maar julle stelling: “Maar wanneer dit by versekeringsdiens kom wat jou taal praat en jou gemeenskap verstaan, dan is daar geen nonsens nie.” was geensins my ondervinding tydens verskeie gesprekke met julle ins***el-dienssentrums vandag nie. “Maar wanneer dit by versekeringsdiens kom wat jou taal praat…” Die dame wat my eerste oproep beantwoord het, kon beslis nie my taal praat nie. Sy he Engels gepraat . As jule na “Taal” in ‘n figuurlike wyse verwys, kon sy dit nog steeds nie praat nie. “…en jou gemeenskap verstaan, …” Hierdie selfsame dame het nie ‘n duidelike begrip van julle eie “Wiel-en -Bandbeskermingsdekking, Bepalings en Voorwaardes” nie. Sy het daarop aangedring dat ek aan sekere vereistes moet voldoen vir julle om aan my diens te verskaf vir banddekking en bystand met ‘n pap wiel. “…dan is daar geen nonsens nie.” Sy het die volgende vereistes gehad: 1. Ek moet ‘n “good spare wheel” he; (Ek het ‘n Spaarwiel met ‘n gaatjie in wat ek begin rapporteer het om 07 Maart, on 12:16, maar ek kon nie dadelik met die eis voortgaan nie). 2. Ek moet my eie “Lugnuts” he; 3. Ek moet my eie “Spanner” he; (Ek het my eie “lugnuts” en “Spanner” – die kar was ‘n demo-model: als is nog in die bakruimte van my kar. Sy het gese omdat my spaarwiel ‘n gaatjie in het, kan sy (Virseker) my nie assisteer met my pap wiel nie. Hierdie dame het my glad nie gehelp nie en sy was ook geensins bereid om te help nie. Gelukkig was ek nie lanks die pad gestrand nie: wat gebeur as ek lanks die pad ‘n problem optel in die toekoms en hierdie dame antwoord weer? Ek het juis by Virseker aangesluit omdat ek ‘n diens wil he waarop ek kan staatmaak. Geen van my ondervindinge vanoggend en vanmiddag val in die “staatmaak” kategorie nie. Ek het hierna dadedlik na julle “Wiel-en-Bandbeskermingsdekking, Bepalings en Voorwaardes” aanlyn gaan kyk. Nie 1, 2 of 3 van haar bogenoemde stipulasies verskyn in julle “Wiel-en-Bandbeskermingsdekking, Bepalings en Voorwaardes” nie. (Dokument 39 440_02/67/24_Bi) Ek het later weer ingebel en die keer is ek deur ‘n Afrikaans-sprekende man gehelp. Die eis vir die spaarband is begin en hy het voorgestel dat ‘n insleepdiens my sal help en hy het my deurges***el na Thandaziwe om ongeveer 08:58. Volgens Thandiziwe word my kar vanmiddag wanneer ek tuis kom ingesleep na SupaQuick toe en ek is verseker dat dit om 15:20 gaan plaasvind en dat dit deur Thandasiwe gereel gaan word en dat ek my motor vandag sal terugkry. Die verwysingsnommer vir hierdie oproep is: NBVAGVQ

Niks is gereel nie. Die verwysingsnommer is 'n Absolute Fabrikasie wat uit die lug uit getrek is. Dankie Thandasiwe!

0
Replies (2)
Virseker
Virseker's reply01 Apr 2026, 17:04
Official
Hallo Zan,
 
Ons is teleurgesteld om dit te hoor. Ons wil graag om verskoning vra vir enige ongerief wat ons moontlik veroorsaak het.
 
Ons het u saak geëskaleer en ons span sal u ****ak met terugvoer.

Groete,

Die Virseker Span
ZW
Zan W's update01 Apr 2026, 17:33
Reviewer Update
Moontlik veroorsaak het? Moontlik?? 2ure en 38 minute op die selfoon rondgespring tussen julle alles-in-een nommer wat NIE kliente direk na departemente stuur nie. Roadside Assistance, VAPS, Wiel-en Bandbedekking, Klagtes, na Auto en General deurgesit, Eise en 2 keer afgesny! En weer Padbystand ges***el. Dit voel soos Defnitiewe, Swak Bestuurde, Intensionele Ongerief. Glo my dis moontlik: ek het dit ondervind: en amper drie ure en al my lugtyd daarop spandeer. Ek Hoop Waarlik en met Opreg dat ek julle Nooit eendag van 'n ongelukstoneel af moet s***el nie.