1 reviews | Active since Jun 2016
0nbevoegte en onprofessionele diens. Nie aanbeveelbaar nie.
0nbevoegte en onprofessionele diens. Na werk op Vrydag 25 Oktober het gesien daar was n inbraak by my huis. Saak is aangemeld by SAP. Die hele naweek kon ek geen Afrikaans sprekende konsultant kry by ***. Slegs Engelsprekende vroue wat na 6 oproepe vir my gesê het hulle kan my nie help nie en dat ek Maandag 28/10 weer moet s***el om die inbraak by my huis aantemeld. Ek het Virseker gekies omdat hulle hulself bemark as versekering in Afrikaans , tog was daar die betrokke naweek geen Afrikaans sprekende konsultante nie. Dis onaanvaarbaar vir my en ek beskou dit as diskrimineerend teen my as Afrikaans spreekende. Dis misleidend om te adverteer dat dit versekering in Afrikaans is maar Engesprekende konsultante word in jou keel afgedruk. Daar was tot Dinsdag 12 Oktober geen elektristeit in my huis nie, en tot vandag 31 Oktober geen water. Dit is by herhaaling aangemeld maar geen reaksie. So vir bykans n week sit ek sonder water met stukkende vensters en diefweering op 2 plekke in my huis terwyl hewige winde en reën in PE voorgekom het oor die tydperk. Die skade aan my perseel is wel geasseseer maar geen asseseerder vir die huishoudelike inhoud wat weg is nie. Absoluut onaanvaarbaar en uiters gevaarlik vir my. 'N agent Antonio Grota het wel Dinsdag ges***el en n epos gestuur waarop ek gereageer het. Tot vandag 31 Oktober geen terugvoer van hom af nie. My rekenaar en printer is gesteel so ek moet alles vanaf my selfoon doen wat uiters tydrowend is en ek kan nie drukwerk doen nie. Ek is hoogs ontevrede met die diens wat ek van Verseker ontvang en vertel waar ek kan van hulle onbekwaamheid.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
Vriendelike Groete,
Die Virseker Span.
