1 reviews | Active since Sept 2012
Vacation Hub International

Op 5 Junie 2017 woon ons die voorlegging van IPlorer Brands by. Eers toe almal sit word daar vir ons gesê Welkom by Vacation Hub International. Die volgende dag begin ek google oor VHI sien sien toe al die klagtes. Ons het R 9148 die aand betaal en daar is vir ons gesê die totaal is R 25 000 en GEEN EKSTRA kostes nie. Daar was nooit tydens die voorlegging aan ons gesê van 'n maandelike levy van R 1 508 nie. Op 8 Junie 2017 stuur ek 'n mail na client@vhi om my ****rak te kanselleer aangesien ek in die 5 dae val om te kanselleer. Ek s***el op die selfde dag en praat met Sandra en vra of hul mail gekry het. Sy sê nee nog niks ontvang ons moes so dag of 3 wag.

9 Junie 2017 – bel ek weer en Sandra sê die ****rak is steeds nie ontvang nie dis in transit ek moet my eie ****rak lees en prosedures volg. Ek versoek dat sy asb moet kyk of die email ontvang is eks bang hul sê na die tyd hul het nie my email ontvang nie. Haar antw "read your contract and follow procedures" . Sy sê Nagenta ontvang die emails en sy is nie vandag daar nie.

12/06 2017 – bel weer praat met Sandra sy kan my steeds nie help nie “the contract is in transit and still on its way to the office” ek vra sy moet net vir my ontvangserkenning gee van my email weer sê sy“read your contract and follow the procedures” ek vra wat is die regte procedures dan want ek het ‘n email gestuur toe sê sy sy kan nie help sonder die ****rak nie en baie ongeskik… read your contract and follow the procedures.

Ek bel toe vir Nagenta, sy was baie onbehulpsaam en sê sy het nog nie my ****rak nie en as ek die prosedures op die ****rak gevolg het sal daar nie 'n problem wees met my kansellasie nie. Sy wou nie vrae antwoord nie of kon dit nie beantwoord nie en was baie ontwykend.

op 12 Junie 2017 stuur ek per registreerde pos weer my kansellasie. Op 28 Junie 2017 ontvang ek 'n email van Karisa waarin sy neem kennis van vorige korrespondensie en die inhoud daarvan. Sy sê dat my kansellasie per registreerde pos hul nie bedyts bereik het nie en ek verantwoordelik is vir bindende ****rak van 2 jaar. Die kansellasie dokumente is op track en trace gedoen en het van 15 Junie 2017 by Somerset poskantoor gelê waar dit eers op 11 Julie 2017 afgehaal is - Item delivered to B Bradley Mentoor. Die mense maak dit GEWELDIG MOEILIK om die ****rak te kanselleer en weier volstrek om geld terug te betaal.

Liewe Paula
Ons is spyt oor u klagte en stel ondersoek in. Ek kan wel bevestig dat ons nooit weier om enige lidmaatskap te kanselleer nie, ons volg die wet en die terme van die bindende ooreenkoms wat u geteken en aanvaar het.
Vriendelike Groete
Kliente Dienste Span
Liewe Paula
Ons is spyt oor u klagte en stel ondersoek in. Ek kan wel bevestig dat ons nooit weier om enige lidmaatskap te kanselleer nie, ons volg die wet en die terme van die bindende ooreenkoms wat u geteken en aanvaar het.
Vriendelike Groete
Kliente Dienste Span
Hallo Paula
Ons het wel met jou gesels vandag en bevestig weereens die korrespondensie word beantwoord aan Mnr du Toit soos versoek deur jou.
Vriendelike Groete
Hallo Paula
Ons het wel met jou gesels vandag en bevestig weereens die korrespondensie word beantwoord aan Mnr du Toit soos versoek deur jou.
Vriendelike Groete