PS
Petro S

1 reviews | Active since Dec 2015

07 Dec 2015, 14:47

Istanbul Cappadocia trip

Ek wil net baie dankie se vir al die reelings vir die Turkye besoek. Alles het mooi uitgewerk en ek het dit vreeslik geniet.
Die Raymond hotel in Istanbul was so goed gelee, rerig naby als en ons kon stap waar ons wou. Die trem stasie was naby ons hotel en baie goedkoop en gerieflik.
Die metro stasie was ook 100m van ons af maar ons het dit nooit gebruik nie.
Die hotel personeel was baie behulpsaam en van hulle kon nogal Engels praat.
Ek sal die hotel rerig aanbeveel. Omdat ons daar gebly het ons ook goed af**** gekry op aandetes. (15%)
Capadocia was ongelooflik, rustig en genoeg om te doen. Die lugballonvaart was die hoogtepunt. Ons het met Urgup groep gegaan en die pilot was rerig goed, as ek van die ander hoor is mens gelukkig om 'n ervare span te kry.
Ek besef nou hoe moeilik die reelings moet wees want als gaan deur die toerismeraad en hulle Engels is nie baie verstaanbaar nie. Die transfers van en na die lughawe was op tyd, die hotel het ****ak gemaak namens ons want kommunikasie is moeilik. Die een vlug vanaf Capadocia na Istandbul was vertraag en ons het verby die 1 uur grasie gegaan wat die transfers vereis, nogtans het hulle ons op ander vervoer na die hotel gekry.

0
Replies (1)
Vacation Hub International
Vacation Hub International's reply01 Sept 2017, 16:05
Official

Thank you