1 reviews | Active since Dec 2014
The best Meat and Rewards Programmes by far! When I needed it most!
Goeie Middag,
Ek wil u graag vandag net bedank uit die diepte van my hart.
Dit gaan maar regtig broekskeur die afgelope paar maande, ek het ook my werk van 8 jaar verloor met die Covid-19 pandemie en die toekoms voel maar donker maar met God se genade leef ons van dag tot dag... Hy voorsien waarlik... Op die vreemdste manier soms.... Maar Hy weet Mos die beste!
Ons het meer as 10 jaar gelede verlief geraak op Uitkyk se vars vleis en Ander produkte en kon ons self nooit weer sien vleis Koop by enige ander winkel nie... Ons het later selfs besluit om ons maandelikse kruideniersware ook sommer onder dieselfde dak te doen.
Vanoggend was ek Baie emosioneel en op moed verloor se vlaktes want hier is nie eens n broodjie in die huis nie, ek "sorg" Vir 6 mense vir n kossie elke aand.. Altans ons probeer... En al is dit net n eiertjie en n broodjie... Dis n ete met liefde en genade gemaak.
... Maar dat ek terug kom na my storie, ek onthou toe ek het nog "punte" by Uitkyk... Ek se vir my man hier is ons uitkoms vir vandag... Ons gee my Uitkyk "rewards" kaartjie in en die teller se ons kan Vir R115 Koop, Vir ons was dit soos om die lottery te wen. Ons kon n heerlike vars pak wors Koop asook vars broo****letjies en n Brood! Als Vir slegs R107... Vandag gaan my gesin soos konings eet!
Baie dankie vir hierdie program waar jul terugploeg Vir Jul kliente se ondersteuning... Vir my was n R100 altyd vanselfsprekend... Maar vandag het R100 Vir my soveel meer waarde en betekenis gekry.
Ek is trots op my Uitkyk in Silverton, bou so voort!
Groete Marietjie
