DE
David E

1 reviews | Active since Sept 2023

21 Feb 2024, 07:37

UBER DRIVER **** @GEORGE AIRPORT South Africa

Goeie middag. Ek is nie 'n kla kous nie maar wat met Uber hier by George lughawe aan gaan dink ek is onwetig. Ek gebruik Uber baie in Johannesburg en hulle is puik daar. Ek land vanoggend 8 uur hier. Bestel toe ' n Uber George toe wat toe die prys deur gee van R 86. Toe die voertuig oppad is sê dit. "Trip canceled" Ek Bestel toe weer een op die toe passing. Ek sien op my foon hoe die kar Nader kom. Hy ry by my verby. Ek gaan sê toe vir hom jy ry by my verby. Hy sê toe hy is nie hier om my op te tel nie. Ek sê toe vir hom Uber se app gee dan sy registrasie nommer. Hy kry toe 'n ander gewone klient en ry weer. Ek soek toe weer 'n Uber en wragties hier kom die selfde kar met die selfde registrasie nommer. Weer sê hy hy is hier vir iemand anders maar hy sal my vat. Net toe kom ' n ander kar met 'n ander registrasie no. Hy sê toe hy is hier vir my. Ek sê nee pêl Uber het nie vir my sy registrasie gegee nie. So wat hier aan gaan. Die Uber drywer is op pad terug lughawe toe. Dan antwoord hy die Uber aan vraag. Wanneer hy by die lughawe kom het' n vliegtuig geland. Baie mense soek dan 'n taxi. Gewone taxis vra dubbel wat Uber vra. Hy los my dan en vat iemand as 'n gewone taxi teen dubbel die prys. Ek het Uber ' n paar keer probeer bel. Maar dit is net 'n rekenaar met "Artificial intelligence" wat jou vrae vra en antwoord. Ek sê toe vir die rekenaar ek wil met ' n "human being" praat. Nog niks van hulle gehoor nie. Nou kry ek 'n WhatsApp van hulle om te sê ek skuld hulle R 45 vir 'n "cancelled call" ek wonder nou hoe sê ek vir die rekenaar waar hulle hul R 45 kan op druk. As Uber belang stel. Ek is Schalk vd Merwe met bloed in my are. As hulle iemand soortgelyk met bloed in die are het kan die persoon my bel by ***

0
Replies (0)