1 reviews | Active since May 2016

09 Jun 2017, 10:59

State Plus Own Choice - Grap Van die Jaar

<p>My ma het 'n klompie jaar gelede 'n operasie gehad (nog by die ordentlike Folateng eenheid in PTA)! Sy het ongelukkig 'n breek ontwikkel op die ou sny wond en DIE is die 9de Mei hierdie jaar by Verre Oos Hositaal in Springs "herstel". Na die operasie is die clips binne 10 dae (hopeloos te gou volgens hul huisdokter) verwyder. My ma het infeksie opgedoen in die wond waar haar maag letterlik tot die grote van 'n Rugby bal geswel het. Sy het na haar huisdokter gegaan wie die wond skoon gemaak het en antibiotika en salf voorgeskryf het. Sy moes gister terug gaan huisdokter toe vir 'n opvolg en die plek het immers NIE verbeter nie en het op 3 vers****ende punte van die wond selfs begin oop gaan. Ons is inderhaas gister oggend terug Verre Oos Hospitaal toe. Ons was by die hospitaal vanaf 11uur gister oggend tot half 11 gister AAND?! Dr. Nkoane wie haar gesien het wil hê sy moet so gou moontlik WEER onder die mes gaan sodat die vog gedreineer kan word en die sny herstel word - volgens haar en Dr. G is hul van mening dat haar maag op enige oomblik oop kan skeer!! MAAR beste is? Na die HELE dag/nag waar sy moes REGOP sit word daar gisteraand toe ons uiteindelik na die saal kan beweeg met my ma is daar vir ons gesê daar is GEEN beskikbare beddens en dat my ma ('n 64 jarige bejaarde dame met 'n half oop wond!!!!) op die grond moet slaap!! Dis absoluut absurd! Hulle wou 'n kombers SONDER kussing daar neer sit het en verwag sy moes daarop slaap totdat daar 'n bed opgaan, maar hul kan ook nie met sekerheid sê dat daar die naweek al 'n bed sal oop wees nie. Nodeloos om te sê het ons haar dadelik uitgeteken en ons is huistoe oop maag en al! Die suster aan diens het geweier dat ons weer met Dr. Nkoane gesels sodat ons 'n brief kon aanvra wat bevestig dat hul haar nie dadelik kan akkomodeer nie. Hulle weier ook om haar na 'n ANDER hospitaal te verwys. Ons was geforseer om 'n brief te onderteken wat basies sê ons weet dat daar nie beddens is nie (sien aangeheg) maar dat ten spyte van wat die brief sê, daar moontlik bo in die saal 'n ander plan gemaak kan word. Bo in die saal moes ons WEER 'n brief onderteken wat wat basies sê ons neem my ma uit vrye wil daar weg en ONS weier kwansuis mediese sorg. REGTIG?? Hoe moet sy oop pens en al heeltyd van die grond af op??? My ouers is al 55 jaar by Transmed, en ja oor die jare moes hulle afskaal na die goedkoper plan toe. Maar vir 55 jaar ondersteun hul al Transmed, hulle BETAAL vir 'n medies, maar nou moet my ma so behandel word? Ongelooflik! Enige voorstelle???</p>

0
Replies (2)
's update12 Jun 2017, 09:32
Reviewer Update

Thank you to Lorraine, Vuyakazi and Andrea from the bottom of my heart for your quick help. You were all very kind and helpful!

Transmed
Transmed's reply30 Jun 2017, 14:40
Official

Good day

Authorisation were granted for Private Hospitalisation to be paid at Prescribed Minimum Benefit rate (at cost). Account will be forwarded for reprocessing and payment.

Kind regards