DvdM
Danie van der Merwe

1 reviews | Active since Feb 2015

03 Feb 2015, 07:50

Pensioenarisse word op _A|_n sylyn geparkeer

Ek het vir 35jaar vir Transnet gewerk en vir die grootste gedeelte daarvan het ek nie 'n sent vir medies betaal nie, en die werks****rak het gratis medies na aftrede ook ingesluit, maar na my aftrede in 1996 is ons op Transmed oorgeplaas en kon ons nie kla oor die diens nie, behalwe dat ons toe uit ons karige pensioen vir medies moes begin betaal. ons het toe hulle beste plan gebruik,want dit was bekostigbaar, maar soos dit duurder raak het ons oorgegaan na die STATE PLUS OWN CHOICE, waar ons dan ons eie dokter kon kies, maar van staats hospitale gebruik moes maak. Hierdie jaar kon ons dit ook nie meer bekostig nie en gaan ons oor na STATE PLUS NETWORK, waar ek verstaan het dat ons net van network dokters en apteke moes gebruik maak, maar toe ons ons eerste Chroniese voorskrif wou gaan haal moes ons die hele voorskrif betaal, wat iets soos R775 beloop het, by navraag word daar vir ons ges? dat daar nou by Universal Health moet eis en nie een van die vers******s weet enigiets van Universal Health nie, op hulle webblad word 'n mens ook nie veel wys nie. Dit is baie duidelik dat hulle besig is om van die pensioenarisse te prober ontslae raak

0
Replies (1)
Transmed
Transmed's reply06 Feb 2015, 09:49
Official
Hello Daniean,

U verwysing word waardeer en ons het die volgende terugvoering vir u:

U werkgewer voorsien slegs 'n gedeelte van u ledegeld as subsidie en u is aanspreeklik vir die balans. Transmed het geen insae in die berekening van die subsidie voordeel.

Kroniese voordele is slegs beskikbaar indien die lid of afhanklike geregistreer is vir kroniese medikasie. Om vir die voordeel te kwalifiseer op u verkose voordeelopsie, moet u deur 'n Algemene Praktisyn op die Universal Healthcare netwerk ondersoek en geregistreer word. U kan die kroniese afdeling ****ak op ***vir hulp en leiding met die registrasie. Wanneer u kroniese voordeel geregistreer is, sal u aansoek om terugbetaling heroorweeg word volgens die toepaslike Universal Healthcare protokol.

Wees verseker dat Transmed inbelang van al die lede optree en voordele bestuur.

Vriendelike groete
Die Transmed Span