1 reviews | Active since Feb 2017
SWAK SWAK DIENS

Ons koop deur City tot City vir ons werknemer 'n RETOER buskaartjie (R880) vanaf Paarl na Umtata en terug, hy is oppad na 'n begrafnis. Ons woon in Malmesbury. Malmesbury is 50km vanaf die Paarl.

Die bus vertrek 18h40 vanaf Shell garage in Paarl, ons laai hom reeds om 17h00 af en hy wag geduldig daar. Ek het die kaartjie by Checkers gekoop en toe hulle Paarl intik en Umtata dan wys dit dat die bus na Durban via Umtata gaan ry. Om 21h00 bel ons werknemer om te sê dat die bus nog nie gekom het wat deur Umtata ry nie. Daar was twee busse maar die BUSBESTUURDER sê dat die City to City nie deur Umtata gaan ry nie. Ons werknemer en nog 'n dame bly agter, en altwee busse vertrek....

Dit kos ons om 21h15 terug te ry Paarl toe van Malmesbury af is, om hom te gaan haal. Ons het 21h00 die tolvry nr gebel, die dame het eers gesê ons moet aanhou sy probeer die busbestuurder ****ak, maar geen reaksie daarop nie, toe sê sy ons kan hom die volgende oggend in Bellville op die bus sit, en sal dan ekstra moet betaal omdat HY DIE BUS gemis het, WAT NIE DIE WAARHEID IS NIE.

Vandat ons om 22h30 by die huis terug gekom het tot 00h20, het die tolvrynommer NOOIT weer geantwoord nie, die telefoon lui 23 sekondes dan tel iemand op en sit neer. Ons kon op internet optel die tyd wat die bus vertrek maar nie waarvandaan in Bellville nie. Met die gevolg is dat ons alreeds die volgende oggend weer om 4h30 die werknemer optel en Bellville toe moet ry.

Bellville stasie is so wat 60km vanaf Malmesbury.

Ons vind toe uit dat die bus vanaf die stasie vertrek, daargekom, moet ons R61.10 betaal omdat hy die BUS GEMIS het.

Ek het reeds op 1 Februarie ****ak gemaak met hulle per epos, maar sedertdien kry ek net dat hulle nog wag vir die depot report. Ek kan glad nie die city to city aanbeveel vir enige iemand nie, die ongerief en ekstra uitgawes wat ons moes aangaan is net onaanvaarbaar. Dit was 360km wat ons moes ry en ons moes ons besigheid vroeer sluit en later oopmaak as gevolg van hulle fout. Nou kom hulle nie terug nie.

Dit is onaanvaarbaar en onsettende swak diens.