tt
thiart.erna thiart.erna

1 reviews | Active since Feb 2017

06 Mar 2017, 12:50

CITY TO CITY - BLY LIEWER BY DIE HUIS

CITY TO CITY - SWAK DIENS

VIR AANDAG : S ROBERTSON - CITY TOT CITY

VERWYSINGSNOMMER XEG459
Ons het op Maandag, 30 November 2017, ‘n retoer kaartjie vanaf Paarl tot Umtata by Checkers Malmesbury gekoop vir Goodman Rosani.

Ons is van Malmesbury en Goodman was oppad na ‘n begrafnis in Umtata. (Malmesbury is 50km vanaf die Shell Garage in Paarl). Ons het hom om 17h00 afgelaai by die Shell Garage in die Paarl soos wat die kaartjie aangetoon het. Om 21h00 bel hy om te sê dat die twee busse wat gestop het, het Durban toe vertrek maar nie via Umtata nie en dat hy en ‘n dame nog steeds wag vir die bus, hulle het die bus bestuurder gevra wat aan hulle gesê het dat die bus nie deur Umtata gaan nie.

Ons het om 21h00 die tolvry nommer ***ges***el, ‘n dame het geantwoord en gesê dat hy dan maar die volgende bus wat Dinsdag oggend 6h35 vertrek moet neem en dat ons ekstra sal moet betaal om die kaartjie te verander. Toe ons weer die tolvry nommer bel het dit elke keer net 23 sekondes gelui, geklink asof iemand optel en neersit en dan die beset toon. Ons het tot 00h10 probeer om uit te vind waar die bus vertrek. Dit was so verstreurend.

Dit het beteken dat ons weer moes Paarl toe ry (weer 100km) om vir Goodman op te tel en dat ons vanoggend half vyf weer moes ry, het by Interkaap se kantoor uitgevind waar City to City se busstop is en hom toe tot by Bellville stasie geneem,(dit is 60 km vanaf Malmesbury) die opbetaling is gedoen en hy het op die bus geklim.

Hiermee wil ons ons ontevredenheid uitspreek oor onaanvaarbare dienste gelewer. Ons het betaal, die geld was onmiddellik in julle rekening, oningeligte personeel veroorsaak dat hy nie opklim nie, hy het sy kaartjie in sy hand. Dit grens aan onmenslikheid, ‘n persoon vra ‘n vraag en kry die verkeerde antwoord. Dit kos ons ekstra petrol en tyd. Ons het in totaal 340 km gery om hom op die bus te kry. Ons voel ook ontevrede oor die R61.10 wat ons moes opbetaal, almal kry swaar en ons het probeer om hierdie man te help om by die begrafnis uit te kom op ‘n relatiewe bekostigbare manier. As gevolg van hierdie onsmaaklike voorval sal ons nooit ooit weer gebruik maak van City to City busdiens nie, ons sal dit ook vir niemand aanbeveel nie.

City to City busdiens kan ons vergoed vir die hoeveelheid kilometres gery om hom op die bus te kry plus die ekstra fooi wat ons opbetaal het, asook ‘n deel van die retoer kaartjie vir ongerief verduur.

Ek hoor graag van City to City.

Gert Thiart

0
Replies (0)