1 reviews | Active since Sept 2023
Toyota SA Waarborg
Ek is die eienaar van 'n Toyota Corolla 1.2T. My motor het 50 000km op die klok. Op Vrydag 20 Augustus 2023 was ek oppad teruf vanaf Krugersdorp na Randfontein. Daar het rook vanaf die enjin in die kajuit ingekom. Die kar het gesukkel en wou glad nie in enige rat nie. Ek het Toyota Assist ges***el en hulle het my motor op 'n lowbed kom laai en na die naaste Toyota Garage nl. Monument Toyota Wesrand geneem.Hier het my probleme toe begin. Aangesien ek aangeneem het die waarborg wat ek op my motor het sal die herstel van die motor se kostes dek. Ek is toe meegedeel deur die Dienste Bestuurder dat die waarborge nie die motor se herstelkostes gaan dek nie. Volgens hulle is die agv my te doen dat die koppelaar ingegee het. Hoe dit moontlik is is steeds 'n raaisel aangesien ek 'n pensionaris is wat nie jaafg op vinnig wegtrek nie. Ons bly ook in 'n dorp met geen buitensporige hoogtes en bulte nie. Na vele oproepe en weke se slegte diens is ek met geen keuse gelaat as om die skade uit my eie sak te herstel. Ek was 3 weke sonder 'n voertuig gestrand en was half gedwing om die R15 106,64 op te dok. Die laat my met 'n vreeslike bittersmaak in my mond en 'n groot probleem met Toyota SA want ek het 'n Exstended Waarborg vir 6 jaar op die motor wat ek ten duurste uitgeneem het toe ek die motor gekoop het. En na hierdie nare ervaring is daar die enigste gevoltrekking wat ek kan maak dat al twee Toyota SA se waarborge op hulle motors minder werd is as die papier waarop dit gedruk word en die toetaal en al niks beteken nie. Met 2 vorige geleenthede waar die motor gediens was is vir hulle gese dat die die motor sukkel om in rat te gaan. Hulle het my elke keer verseker die koppelaar en ratkas makeer niks. Ek sal bittergraag wil weet wat is die doel om 'n waarborg te kry en boonop te verleng as dit basies niks beteken nie. Volgens my verskaf Toyota SA dus 'n waarborg en bied jou die opsie op te verleng, jou geld is dan goed genoeg maar gebeur iets is hulle van geen nut of hulp. Alles lee beloftes op 'n stuk papier.
