1 reviews | Active since May 2015
Toyota Bela Bela
Ons het n Mazda BT50 by Toyota Bela Bela gekoop 12 September 2014. Kort kort was daar een of ander probleem of aanpasing wat gedoen moes word tot ons uiteindelik gebel is en gese is dat ons die ****rak kan kom teken. Toe ons klaar geteken het se hulle eers die bakkie het net n spaar sleutel en nie die oorspronklike sleutel nie. Ons het gekla daaroor en die bestuur het gese hulle sal n sleutel vir ons bestel en op hulle kostes gee. N week of 2 later kom hulle agter daar was n berekenings fout en ons moet die ****rak oordoen. Ons het gese nee dus hulle fout en bestuur het weer besluit hulle sal dit so los. Dit is nou al 8 maande later en ons wag nogsteeds vir die sleutel. Ons moet kort kort bel of daar om gaan net om te hoor hulle wag nog vir voorraad, maar ons self kon al by 2 plekke n sleutel kry.
