JB
Johanna B

1 reviews | Active since May 2015

13 Feb 2017, 14:51

SLEGTE DIENS

Ek het in Desember 2016 n voertuig deur julle Automark afdeling gekoop. Ek het die voertuig by Automark gekoop omdat ek vertroue het in hulle 80 punt toets het of moet ek eerder nou se gehad het, ander sou ek eerder direk die voertuig van Renault gekoop het. Ek het ingestem om R10 000 meer te betaal juis omdat ek al van te vore n voertuig deur Automark gekoop het sonder problem. Met die koopooreenkoms het julle aan my bevestig dat daar nie n 80 punt toets gedoen is nie maar dat die voertuig wel deur die toets gegaan het sonder enige foute. Ek het egter met aflewering na die vulstasie toe gery om diesel in te gooi en die water en olie te toets. Daar het die petrol joggie vir my gese dat daar geen water in die radiator is nie. Ek het onmiddelik vir Callie gebel. Hy het gese ek moet die bakkie dophou. Ek het met hom bevestig dat ek oppad was op vakansie en dat ek sodra ek terug is die bakkie vir hom sou bring. EK het die bakkie se water verbruik gemonitor en moes elke 100km n liter water ingooi. Ek het Callie ges***el met my terugkeer en hom gevra wanneer ek die bakkie kon bring vir die 80 punt toets en die herstel van die radiator. Hy het my verseker dat sodra sy werkstuigkundige terug is in die 2 de week van Januarie hy dit sou uitsorteer. Volgens Callie was daar net een werktuigkundige en was dit so vol dat hy eers die maandag 23 Januarie 2017 na die bakkie kon kyk.

Nou weier julle om die voertuig reg te maak.

Ek het na Dekra toe gery en hulle gevra hoe die bakkie deur die toets kon gaan met al die foute. Hulle het aan my bevestig dat hulle al die foute gerapporteer het aan Automark en dat Automark vir hulle gese het dat hulle die voertuig kan deursit solank hulle sal die foute uitsorteer.

Foute lys:

Verkoelingstelsel lek
Kragstuur foutief
Lugverkoeler se pype is stukkend
Waaierband gly
Turbo raas
Kollig voor foutief
Modder flappe agter is stukkend
Gebruik tans +- 200ml olie per week
Geen wekende reen veers nie
Centre consul was heeltemal los
Olie wat lek

Ek het hierdie voertuig gekoop omdat ek dit nodig het om my besigheid te bedryf en huidiglik kan ek nie so met die voertuig werk nie. Ek glo en vertou dat julle die saak sal ondersoek aangesien ek glad nie tevrede is met die diens nie en eerder die bakkie vir julle sal terug gee en Renault direk ondersteun.

Werner Botha

0
Replies (0)