RJ
Riaan J

1 reviews | Active since Jan 2015

29 Jan 2015, 11:30

Roeskolle op Toyota Dakar

Ek het in 2013 'n Toyota Dakar gekoop by NTT Toyota Hazyview. Voordat ek nog 15 000 km in 'n paar maande gereis het met die voertuig het ek agtergekom dat die voertuig roeskolle het op die onderstel en dat daar dan ook ander gebreke in die verf van die voertuig was. Ek het die aangeleentheid onder Toyota Suid-Afrika se aandag gebring. Mnr Pascoe van Toyota SA het onderneem om die voertuig te vervang namens Toyota Suid-Afrika. 'n Alternatiewe voertuig is aan my aangebied. <br> Toe ek die alternatiewe voertuig ondersoek het ek gevind dat die voertuig ook roes aan die onderkant het en het ek geweier om die voertuig te aanvaar. NTT Toyota, die enigste handelaar wat 'n Toyota Dakar gehad het, het boonop aangedring dat ek 'n bedrag van R110 000.00 moes inbetaal om die voertuig te vervang. Ek was nie bereid om nog R110 000.00 in te betaal net om steeds 'n geroeste voertuig terug te ontvang nie. Ek is ook nie bereid om die onderstel in terme van die roeswaarborg te laat herstel nie. Ek sal weet die voertuig was geroes. <br> Sedertdien weier Toyota om te reageer op korrespondensie. Ek het nou maar plakkers op die voertuig aangebring om my misnoe? te kenne te gee en ander Toyota eienaars te waarsku

0
Replies (0)