AW
Abra W

1 reviews | Active since Aug 2022

15 Aug 2022, 08:34

TFS versekering SWAKKER as SWAK

Die spreekwoord lui "spuit kom altyd te laat", en mensig is ek spuit ek het TFS se versekering op my Hilux. Ek sukkel al van die 01 Augustus 2022 om n eis in te dien. Elke keer is dit dieselfde storie: Ek bel en kry iemand wat swak engels praat en vra of ek in Afrikaans gehelp kan word. Elke keer kom die antwoord iemand sal my terug bel voor die einde van die dag........ Wat n grap, want daar bel niemand terug nie. Nou dat ek na die ander 'Reviews" hier gekyk het, sien ek dit is maar hoe hulle werk. Wat n skande!

Ek kan nie glo dat TOYOTA, wat tog n goeie 'brand' is, hulle kan vereenselwig met sulke swak diens en so 'n gemors om die minste daarvan te sê nie.

As ek reg gehoor het is dit Auto and General wat die versekering namens TFS hanteer, indien wel, hoop ek hulle lees ook hierdie 'review' en gaan druk hul kop in 'n gat van skaamte. Dalk kry hulle daar in die gat n telefoon wat kan uit bel en ook n persoon wat my in Afrikaans kan help.

As jy wat hier lees van plan is om n voertuig te finansier deur TFS, dink asb 2 keer, of sal ek eerder sê 12 keer (dit is nader aan hoeveel keer hulle my al sou terug bel) voor jy van hulle versekering gebruik maak.

Hierdie soort diens is swakker as swak en behoort verseker nie aanvaarbaar te wees vir enige iemand nie.

0
Replies (1)
Toyota Financial Services (TFS)
Toyota Financial Services (TFS)'s reply15 Aug 2022, 10:09
Official
Dear Abra V,

We have received and reviewed your Hello Peter post. Our Customer Resolutions Team has logged a formal complaint which has been routed to the relevant department for investigation and resolution. 

We will be in touch with you to resolve this matter.

Regards,
Toyota Financial Services Resolution