1 reviews | Active since Jun 2023
Bewus making van mense wat jy toelaat om in jou huis te werk wat deur Versekeringe aangestel is
Ek, Mev Matthew is hoogs ontsteld vir die manier hoe Top Carpets Herm**** niks omtrent ‘n saak wil doen wat in my huis plaas gevind het nie. Op 25 Mei 2023 het hulle maatskappy matte in my huis vervang. My assuransie het Top Carpet se mense aangestel. In die tyd wat hulle besig was, het werkers 2 of 3 keer my huishulp gevra om vir hulle te maak. Die laaste keer net voor 16:00 toe Loadshedding begin het, het sy weer gemaak en ek glo dit is toe wanneer hulle die kans gewaag het. Op die 27ste Mei het ek besef my juwele is weg. Twee ringe is gesteel. Die 29ste was die polisie by my huis. Die 30ste Junie was die forensies by my huis. Op 9 Junie het Sers Hugo my huishulp geondervra. My huishulp werk vir ander 2 mense wat ek ook goed ken. Die een werk sy 25 jaar voor en die ander een 10 en nooit ooit het sy by hulle enige iets gesteel nie. Nie eers geld nie. Daar is gesê dat daar nog geen eise by Top Carpets gedoen is nie, want die mense is te bang om ‘n maatskappy aan te vat. Ek voel dit is nie reg dat ek stil moet bly en dit moet los nie. Hierdie is nie “Lucky Packet” ringe of Cosmetic Jewellery” nie. Ek het die waarde van dit laat doen en dit is ‘n baie groot bedrag. Die punt is ook dat dit sentimentele waarde is. Iets wat niks sal vervang nie. Nou wil ek graag sê dat Gustav Louw van Top Carpets Herm****, hoe kan jy sê ons het niks bewyse nie. Hoekom kan jy nie ook dat jou werkers wat by my huis gewerk het ook nie geondervra word nie. Hoekom maar net dit daar los. Top Carpets gaan nou ‘n slegte naam kry.
