EH
Elmarie H

1 reviews | Active since Apr 2018

06 Apr 2018, 17:35

Uiters swak afleweringsdiens van takealot

Het in my hele lewe nog nooit sulke absolute swak diens soos hierdie week van TAKEALOT gehad nie. 'n bestelling wat Dinsdag geplaas is, het skielik gister weggeraak, en hulle het belowe hul lewer vandag 12h af. Niemand het opgedaag nie. Na die 8ste keer wat ek bel, sê hulle my nommer is verkeerd op die sisteem - DIS NOU DIESELFDE NOMMER WAAROP HUL TELKEMALE VANTEVORE MET MY GEKORRESPONDEER HET!!!! Die ou was kastig by my huis om af te lewer, en niemand was hier nie???!!! Na my 8ste oproep, belowe hul my aflewering kom 5h. Noodeloos om te sê, 5h het gekom en gegaan. Na my 9de oproep, sê 'n 9de persoon, hulle weet nie waar persoon nommer 8 aan die inligting kom dat my aflewering gelog is vir 5h nie. Hul weier om my enigsins te help, belowe plegtig hul bel terug, en bel net nooit terug nie. Sê hul sal my deursit na iemand wat kan help, en laat my amper tien minute wag????!!! Niemand wil my help om die bestelling te kanselleer nie, en ek kry dit ook nie online reg nie. Ek bel weer.. Hulle sê ek kan eers my geld oor 7 werksdae terugkry???!!! Dit is totaal verregaande! Wie op aarde kry mens dan om jou te help, as die plek heeltyd belowe hulle lewer af, jy mors twee dae om te wag vir hulle, en dan is hulle nie eers bereid om te help nie???? Nooit ooit in my lewe bestel ek weer by TAKEALOT nie!!!!

0
Replies (0)