1 reviews | Active since Feb 2025
Takealot slegte diens en lewer beskadige yskas af
Goeie dag , Ek koop ‘n yskas by takealot, betaal ekstra om dit die volgende dag te laat aflewer maar kom twee dae later eers by my aan. Toe ek yskas oop maak het dit ‘n diep grap en duikie in die deur en boek dadelik vir return to replace. Drie dae later kom tel hulle die yskas op sonder om dit te vervang. Na lang gesukkel van een oproep na die ander moet ek hoor die yskas gaan nou eers geevulueer word en sal dan besluit wanneer hulle dit gaan vervang. Dit weer drie dae later en ek sit nog sonder yskas. Vra ek vir terug betaling in my bank rekening moet ek ook hoor dit jan ‘n paar dae neem. Maar wanneer ek die items op takealot bestel is dit dadelike betaling. Takealot julle is ***** en maak dit moeilik om met iemand in jul bestuur te kan praat. Julle diens is baie sleg en terleurstellend.
