1 reviews | Active since Dec 2018
NO RETURN POLICY
Op Black Friday bestel ek n fitbit horlosie net om 2 dae later n paar Scullcandy oorfone te kry.???? Hoe ongeskool of deur die weer is die persoon wat die delivery moes "check"?Sedert die 27ste November probeer ek die verkeerde pakkie te laat optel, terug te laat neem na Takealot,sodat my regte pakkie weer aan my gestuur word en of 3k gerefund word. Nie net kry mens elke dag n nuwe agent waarna jy jou hele storie van voor af moet verduidelik nie, nee mens kry ook nie met n bestuurder gepraat nie. 4 Desember laat weet hul my FEDEX sal die pakkie oplaai. . . My jitte op 11 Desember sit ek nog steeds met die paar oorfone. Maar dis niks. Deur die loop vd die twee weke sien en hoor ek by n Takealot agent my fitbit is nie meer beskikbaar nie. Die suplier is out of stock. Goeie vrek. Die webtuiste adverteer dit tot vandag toe nog. Hulle wil my krediet gee. Dis nou eendag as hulle weer die oorfone het. Nee dankie , want dan sal ek nie my fitbit kan koop nie. Nie by hulle nie of by n ander plek nie want black friday het my R500 gespaar. Vandag na n helse gestry en baie woorde kom laai Fedex die pakkie op volgens aanwysings (soos deur myself geskryf). En nee hul na die verkeerde plaas toe... hulle bel my nie, en ook nie die addisionele nommer wat ek aan Takealot verskaf het om die pakkie op te tel nie . Ek is raad op en moedeloos en glo dat Takealot n NO RETURN POLICY het. Jou pakkie jou probleem.
