Vervoer van meubels
<p>Die beste diens ooit ontvang by Stuttafords Bloemfontein! Ons het 'n klein bietjie meubels vanaf Bloemfontein na Pretoria moes vervoer en was absoluut die hele tyd op hoogte gehou van sake. Ek het soos 'n BBP gevoel en, as ek dink hoe min meubels ons laat vervoer het, kan ek net dink watter goeie behandeling ons sou kry as dit 'n hele vrag vol meubels was. Baie dankie aan Yolandi en Sollie met sy assistent. Hulle het werklik die ekstra myl geloop en Stuttaford kan trots wees om sulke amptenare in hul diens te hê.</p>
Beste Hentie Pretorius,
U kan uself voorstel hoe aangenaam dit is vir ons om sulke positiewe terugvoer van ons kliente te ontvang.
Yolandi en Sollie is baie spesiaal vir ons en weens u fantastiese rubriek sal hul albei in die openbaar deur bestuur geluk gewens word en as goeie voorbeelde vir hul kollegas gehuldig word.
Namens die bestuur van Stuttaford Van Lines wil ek u persoonlik bedank vir die kosbare tyd wat u geneem het om hierdie kosbare inskrywing te maak en wens ons u alle voorspoed in u nuwe tuiste.
Met vriendelike groete
Mel Potgieter
Streeksbestuurder