1 reviews | Active since Jul 2021
Stuttaford Van Lines SWAK DIENS EN GOED WORD GESTEEL EN BESKADIG!
Geagte MNR of Mevrou
Ek skryf my brief aan U met n baie hartseer hart. Ek skryf dit presies soos die dag van 29 Junie en 30 Junie 2021 verloop het.
Ek het STUTTAFORD VAN LINES ge****ak en gevra of hulle ons sal kan trek van Bultfontein NA Harrismith. Waarop INA my met n lys ge-email het. Ek het al ons goed wat getrek moet word op die lys aangedui en afgemerk. Ina het my terug ge-email waarop sy gese het van die items is onduidelik. Ek het toe deur die lys gegaan en dit wat onduidelik was op n nuwe e-mail aan INA terug gestuur. Ina het bevestig sy het die e-mail ontvang. Ek het toe vir Ina gese in haar boodskap dat ek NOG NIE klaar gepak het en dat ek onseker is van die total bokse wat ek gaan he en dat ek BAIE los goedere het soos kinder speelgoed ens. Sy het my terug geantwoord en gese HULLE tel dit as BOKSE en dat sy meer as GENOEG spasie vir dit gelos het en dat die STAFF die ekstra goed sal pak en dat dit reeds by die bedrag bereken is. Ek het toe vir INA terug geantwoord en dit duidelik gemaak dat die HONDE se Hokke Baie groot hokke is en dat daar 2 Labradors in 1 hok pas so sy moet plek maak vir die hokke. Ek het ook gese dat ek twee voel hokke het wat ons uitmekaar sal maak wat ook in die lorrie moet gaan. Ina het gese sy het my boodskap so ontvang. Ons het die 29st Junie verhuis vanaf Bultfontein na Harrismith. Ons trek dienste wat deur Afgri Harrismith betaal is was STUTTAFORD VAN LINES. Die 28ste het Toni my ges***el en gevra of ons reg is vir die trek more 29 Junie. Ek het gese dat ons reg is. Toni het oor die foon aan my verduidelik hoe dit gaan werk. Toni het gese dat die trek lorrie als gaan laai die 29ste junie 2021 BEHALWE ONS BEDDENS sodat ons die aand nog daar op kan slaap. Dan die 30ste Junie 2021 sal hulle die oggend die beddens laai en so sal ons en die lorrie saam deur ry Harrismith toe. 29 Junie 2021. So stop die lorrie voor ons erf en so begin hulle pak. My man Christo se toe vir my die lorrie is heeltemal te klein vir als wat ons het. Ek gaan toe saam hom uit en sien dit toe ook. Ons vra die drywer of dit al lorrie is wat hulle gestuur het waarop hy antwoord ja. Ek vra die drywer toe hoe dit nou gaan werk? Waarop hy antwoord hulle gaan als laai vandag en dat als sal inkom. Ek se toe vir die drywer dat Toni gese het hulle moet die beddens los en dat dit die volgende dag gelaai sal word soos Toni met my gereel het die 28ste Junie 2021. Die drywer se toe NEE hulle gaan nie so werk nie als word vandag gelaai! Ek en my man Christo het toe gese dat ons geen ander keuse het as om maar Harrismith toe te ry sodra die lorrie klaar gelaai is en begin ry. Dit is immers winter en – 6 Grade! Ons sal nie op die vloer kan slaap in die koue. Ons het toe besluit om dan na die lorrie te ry na Harrismith toe. Na so 4 ure se gepak roep die drywer ons en se Jammer daar is net nie genoeg plek vir al ons goed nie! LET wel net 70% van ons goed is toe gelaai in die lorrie. My man Christo bel vir Toni en vra vir hom wat nou? Gaan hulle nog n lorrie stuur of trailors of wat nou?? Toni se hy sal nou plan maak. Toni bel toe die trok drywer. Die trok drywer pluk toe n lys daar uit van ons items en se die goed wat nie gelaai is is NIE op die lys sorry hulle laai dit nie. EK gaan toe deur SY lys en sien amper niks is op die lys wat ek aan INA gestuur het nie!.... Die honde hokke was nie op die lys en die voel hokke ook nie soos ek se amper niks was op hulle lys. Ek wys toe vir die trok drywer my lys en boodskappe aan INA hy se jammer hy kan niks doen ons moet Toni bel. Ons bel weer vir Toni en se vir hom dat die LYS van hulle amper niks op het en dat ek screenshots en bewyse het van die lys wat ek aan INA gestuur het. Toni se toe hy sal met INA praat. So bel Toni die drywer en se hulle moet als nou maar in die klein Lorrie INPROP! My 1ste antw aan die drywer was maar dit gaan my besittings mos BESKADIG en dat Toni weet ons nie insurance geneem het omdat INA gese het die lorrie SAL groot genoeg wees. Ek se vir my man Christo om Toni weer te bel en te se wat nou my goed gaan mos nou seer kry , breek en beskadig so! En dat Toni n ander plan moet maak want Afgri betaal die trek so ons kommer nie hoeveel ekstra dit sal kos nie. Toni se hy sal met Ina praat…….. So hou hulle aan en aan als inprop! My hart breek soos ek toekyk hoe my hele lewe in n brood size lorrie in FORSEER word wettend die skade gaan vreeslik wees! So is dit al na 5 die middag en daar kan nie n rot of muis in die lorrie meer pas 30% van my goedere staan buite en binne die huis…. Voel hokke nog amal staan buite…. So maak die lorrie sy deure toe en ons vra toe weer die drywer wat gaan ons nou doen dit werk mos nie so nie? Ons harte reeds gebreek oor ons weet ons hele lewe is in daai lorrie geprop en ons weet die skade gaan groot wees.
So stuur ek vir Ina n e –mail wat ek duidelik daar in stel dat die lorrie nou hier gery het en my goed staan buite en ini huis nie eens te praat van die voel hokke. Ek se toe vir haar my beddens en als is gelaai wat nou? Ons kan mos nie op die yskoue vloer slaap en ons het n siek baba! Waar op ek geen antwoord gekry het. Ek bel Toni net voor 6 en vra vir hom wat nou? Is dit hoe hulle diens werk? Ek se vir hom ons beddens als is gelaai en als staan nog hier en voel hokke. Toni se toe dat EK vir die drywer gese het hulle kan dit maar laai! Ek stry en stry met Toni waarop hy toe se my man Christo het gese hulle moet die beddens laai! Ek sien toe ek gaan nie die gesprek wen eks in Trane eks siek ek gooi op van als en my seuntjie is koud dors en reeds siek. My man Christo bel toe vir Toni. Na baie gestry se Toni hy sal n plan maak om die res nou te kom haal. Toe STOP DIE LORRY DIE PROP VOL LORRIE weer hiervoor. Toni het die drywer opdrag gegee om die res en voel hokke in die reeds oor prop vol LORRY te probeer in forseer!!! Ons kon en kan dit steeds net nie glo. Die drywer se hy weet nie hoe hulle dit gaan doen. My man bel weer vir Toni en se hoe werk jy? Hoe wil jy nog goed daar in druk ons skade klim net meer en meer en se vir Toni dat die hokke die dag voor die trek 100% nuut oorgedoen is en dat dit duisende rande gekos het. Ons kan nie daai hokke daar in prop. Toni se toe die drywer en werkers moet dit maar aan die lorry se DEURE vasmaak. JA die DEURE!!! My man se vir Toni liewe genade wat verstaan jy nie. Jy maak vir ons skade dit kan mos nie aan die deure vasgemaak word. Ons het rooi ligte en als aan die hokke vas. Toni se HY SAL VERANTWOORDLIKHEID VAT VIR ALLE SKADE!!!!! En Toni se toe dat Ina en hy nie protocall gevolg het want met ALLE TREKE BUITE BLOEMFONTEIN hulle eers uitkom en kyk hoveel goed n klient het en dan die regte groote lorrie uitstuur! Toe my man hom vra maar hoekom dit nie gedoen is in die 1ste plek antwoord Toni dat hy met Ina sal opvolg…… Wat ook nooit gebeur het! Reg ONS onthou daai een! So word die Arme voel hokke regtig in daai prop vol lorri inforseer… ons Harte breek met elke sinkdak en panneel van die hokke wat kners en kraak……. Ons harte gebreek ons is emotioneel moeg en hartseer. Die deure van die Lorrie maak toe en daar ry hulle. Steeds staan die res van my goed buite en res van my goed in die huis. Dit is donker en yskoud. So dra ek en my man Christo als wat ons kon sien en kon optel in die huis in. Voels in klein vang hokkies in die huis…. Koud en bang… Ons kan nie ry want ons het nie n gordyn of kombers om die ruite te probeer toe kry. Waarheen sou ons tog ry? Die Drywer het gese hulle ry net tot in Bethlehem en slaap daar oor. Ons het ook nie die nuwe huis in Harrismith se sleutels. Ons enigste keuse was maar om op die harde teel vloere te slaap….. Ek hoef nie te noem hoe koud dit was en hoe ons gevoel het of deur gegaan het met my siek baba….. Dit was n dag en nag wat ek nie my ergste enemy toewens.
Oggend van 30 junie 2021 Ek bel die oggend half 6 my Pa en vra of hy asseblief kan deur ry en ons kom help die res laai en dan kan hy dit by sy huis stoor tot ons dit EENDAG by hom kan gaan haal…. My pa laai toe die volgende goedere wat agter moes bly… Al my matte 4 sakke van my gordyne en kantgordyne Tafels Stoele 3 sakke van ons klere Al ons vleis en kos wat die werkers uit die diepvries gehaal het vir watter red eek nie verstaan… als ontvries!! My oop boks skoon maak middels My binne honde se beddens Diere se water bakke Katte se sand bak domes baie groot enes My man se oop garage hout kratte en tafel Al my plante Van my baba se speelgoed en klere N bank En ons asblikke Al ons winter klere! Potrete en s****s Dit kos ons toe ook weer geld. Ek kon tot nou toe nie my goed of klere by my Pa gaan haal het nie….
30 Junie 2021 Ons het na 10 eers uit Bultfontein begin ry. Met al ons diere in die bakkie en dit wat ons tussen die diere kon indruk…. Wat aaklig was…. Ons kom toe in Harrismith aan en die lorrie het van die goedjies begin uitlaai want hulle was voor onsdaar en het al ure vir ons gewag. Wat verstaanbaar was die mense was ook al moeg vir hierdie swak trek. Die goed is toe uitgelaai en die drywer het vir my n vorm gebring wat ek geteken het. Ek het in die kommentaar gedeelte gekryf dat die boodskap aan die werkers was…. Great People het ek daar gekryf want hulle het hul beste probeer om al ons goed of wel van ons goed hier te kon kry en lang ure gesukkel in baie koue weer. Min wetend my goed is nie hier toe dit by die uitpak kom! Dit is die 30ste Junie 2021 Ons is so moeg en koud my seuntjie baie siek want hyt erg koue by als gevang die aand wat ons op koue vloere moes slaap en hom toegemaak het met die truie wat ons aangehaad het die aand. Ons voel ook siek want ons sal seker toe griep kry by als ooknog.
So is die lorrie en die mense weg. Ons begin deur ons goed kyk wetenend wat die skade gaan wees…. Yskas en dishwasher gekrap en pote af gebreek…. Hout enkel beddens so gekrap en stukke afgebreek uit die hout Enkel bank gate in geskeur Trekker battery in stukke laat val en gebreek Laai kas laai gebreek en erg gekrap Garage se tool kaste gebreek beyond repair… groot skade my man se dis baie duur gereedskap kaste. Kombuis goed bv glase borde ens in stukke wat ek verwag het gaan gebeur met die in prop Brood blikke wat van my ouma groot afkom is erf stukke in stukke plankies in garage gekry….
Nou sit ons met n baie groot hartseer probleem. Die huis is als uitgepak en als is op sy plek. Ons het besef ons is besteel! Of Die goedere moes in die lorrie agter gebly het.?? Ek het Ina n e-mail gestuur dat my goed weg of gesteel is en soek n antwoord? As dit dan in die lorrie agter gebly het moes hulle ons dan al gebel het? Ina het my terug geantwoord 6 DAE later na die trek. Dat sy in die lorrie gekyk het en daar is niks LOGIES gaan daar niks na 6 dae in die lorrie wees. Sy het my die werkers se name gegee asof dit iets sou help? Ina het net reguit gese dat als ons probleem is en hulle niks kan doen omdat ons nie insurance gehaad, gevat het sorry.
Ek het ina terug geantwoord en gese dit sou nie nodig gewees het indien die lorrie groot genoeg was! En dat diefstal deur HULLE werkers is mos n heel ander storie is, en dit van so groot company soos hulle? Ina het my nooit weer geantwoord nie ook nie Toni nie….
Toni moet verantwoordelik wees vir my skade hy het dan gese hy neem dit op hom. My liefste meubels en goedere moes ek toekyk hoe dit met disrespek van hierdie groot company oor en oor in forseer word deur opdrage van Toni….. Dit breek my hart om net aan die dag te dink… Goed waarvoor ons hard gewerk het om te besit…. Basies aspris gebreek word. Wetend wat die skade sou wees. Items wat Gesteel/weg is…. Dis net te erg vir my eks so stukkend in my hart… Ek soek vergoeding vir my skade asook my goed wat besteel is hier want daar is nie n ander woord om dit te noem dis weg dis gesteel en klaar. Dit is vir my en my gesin baie groot skade. Ek sit die lys goedere wat NIE hier of Gesteel is deur hulle werkers hier onder.
My X box met 18 games 2 remotes als in die boks. Dis baie groot skade die x box was R6000 en n game vanaf R600 tot R1500 per game. My boks wat geseel was met skoonmaakmiddels wat ek bestel het by takealot vir die nuwe huis R380 Gas bottle se pype 3 garage bokse met my man se power tools in. In die bokse was… 2 hand bore 500w en 800w boor 150mm angle grinder 200amp invertor wilder Boks met pyp fittings Chain bloks Ketings Pyp laste en baie los goedere Router 2 heat guns Circular saw Work shop manuals Kar se nuwe parte Airfilters Briekskoene Diens parte
Hierdie is BAIE groot skade.
Baie dankie dat MNR of Mevrou my brief gelees het. Ek hoop in my hart dat iemand ons sal kan help in hierdie hartseer saak. Groete Jeanette Els
