LC
Leanie C

1 reviews | Active since Nov 2013

26 Feb 2022, 13:47

Worst service ever - moving backward, Standard Bank

Standard Bank se personeel is seker van die swakste in die land, of anders is dit net hoe SBSA werk. Ek het nou reëlings probeer tref met SBSA nadat ek my werk verloor het, maar geen antwoord teruggekry nie. Ek vermoed SBSA het my vandag probeer ****ak per telefoon, maar hulle laat die foon net een keer lui, dan sit hulle die foon neer. Dit het voorheen ook gebeur laat verlede jaar toe ek met hulle wou reël dat ek 'n "payment holiday" vat op my lenings, waar ek een maand nie kon betaal nie, hulle my sou bel, en sodra ek dan antwoord, het hulle die foon neergesit. So, op hulle sisteem lyk dit asof hulle my wou bel, maar hulle bel en sodra jy antwoord, word die foon neergesit! Ek het self nie geld om nou vir hulle te bel nie, en die naaste tak is 35km ver...Ek het ook 'n halwe sms vandag van SBSA gekry, waar dit lyk asof hulle doodeenvoudig net geld gaan wil aftrek, al het ek probeer om ander reëlings te tref. (Ns. Die geld wat ek nou maandeliks ontvang kom van my suster af. Dit is geld wat sy betaal om my ma te versorg en na my ma se behoeftes om te sien. Omdat my beter helfte "disabled" is en nie 'n inkomste verdien nie, en omdat alle kostes van kos, elektrisiteit, huur, ens. op is, bly ek in 'n minus. Ek het ook 2 kinders wie ek moet versorg en na hulle basiese behoeftes toe te sien. Soos gemeld, het ek my werk verloor. Ek het dus nodig dat iemand van SBSA my ****ak en alternatiewe reëlings tref met betrekking tot my lenings - nie iemand wie bel, die foon een keer laat lui en dan die foon neersit nie.

0
Replies (1)
Standard Bank
Standard Bank's reply28 Feb 2022, 09:45
Official
Hello Leanie

Thank you for bringing this unfortunate matter/incident to our attention and please accept our sincere apology.   We will escalate this to our management team.
 
Kind regards
Standard Bank Help Centre
***