1 reviews | Active since Feb 2014
Unbelievable

Aan wie dit mag aangaan.
Ek is baie ongelukkig oor die diens wat ek ervaar die afgelope tyd by Standardbank.
Ek het nog nooit n aftrek order gehad wat hop nie. Laas maand die dag van die aftrek order(2 May) sien ek, ek het te min geld in my rekening en doen toe dadelik (2May) n transfer sodat niks moet hop nie na my rekening. Wel nodeloos om te sê, daar het toe een gehop. Ek sien vanoggend dieselfde storie en gaan toe in bank toe om te vra dat hulle nou asb nie die aftrekorder moet laat hop nie want ek betaal vanaand n bedrag oor. Hulle verduidelik toe dat daar niks is wat hulle daaraan kan doen nie. Dit gaan nou maar hop en klaar. Ok, so wat het geword van bel die klient en waarsku dat daar te min fondse is vir die aftrek orders? Of gee 2 dae kans vir fondse om beskikbaar te raak van n ander bank af sodat aftrek orders kan afgaan. Nee dit is makliker om liewer net stil te bly en die aftrek order te laat hop, dis mos nie een van julle se krediet record wat daar onder ly nie. Dit is voorwaar goeie kliente diens wat julle het, uitstekend! Julle gee voorwaar baie om vir julle kliente. Ek voel werklik baie spesiaal. Ek skuld Standardbank GEEN geld nie, nie vir n voertuig nie en ook nie vir n huis nie, ek het ook nie n lening by standardbank nie, so dis nie asof ek julle miljoene skuld nie of even R10 skuld nie, ek skuld julle NIKS. Minders as wat 90% van julle kliente kan sê.

Ek het op 2 Feb (email aangeheg) vir Charmaine Smit gevra om my seun se rekening te fika en al die nodige dokumente vir haar gestuur. Sy het dit nooit gedoen nie. Ek was Woensdag by die bank en hulle het vir my gesê ek moet ongelukkig eers my seun se rekening fika wat beteken hulle kort al die besonderhede
Bewys van adres
Geboorte sertifikaat
En my Id
Maar ek het dit dan laat doen deur my "personal banker" nogal! Wel "personal banker" se ¥@$!! Sy het dit nooit gedoen nie! Ek stuur toe vir die vrou wat my help al die nodige goed(ook aangeheg)Ek kom vandag by die bank om uit te vind oor die aftrek order wat gaan hop, hulle kan niks vir my doen nie, ek vra om te kyk of is my kind se rekening uiteindelik ge fika. Nee daar kort nog n geboorte sertifikaat. EKSKUUS!!!!!!! Voor ek dit nou heeltemal gaan verloor en tale gaan gebruik wat nie jy of my ouers sal goedkeur nie wil ek net sê dat dit absoluut pateties is! Julle diens SUCK! En glo my ek gaan dit nie hier los nie. Ek gaan op Hello Peter post en hoofkantoor gaan hiervan hoor! Ek is nog nie klaar met julle nie.

Charmaine het ook vir my gesê sy bel my Saterdag oggend eerste ding om my in kennis te stel of my aftrekorders dan wel terug geskryf is of nie. Wel ek wag nou nog vir daai oproep.

Ek kom Maandag my rekening toe maak en ek wil nooit weer iets van Standardbank af weet nie.
Groete
Sonja

Dear Customer
Thank you for posting the message and allowing us the opportunity to look into the matter.
We will be in contact with you shortly.
Thanks,
Complaint Resolution Centre

Dear Customer
Thank you for posting the message and allowing us the opportunity to look into the matter.
We will be in contact with you shortly.
Thanks,
Complaint Resolution Centre