1 reviews | Active since Dec 2019
Swakste swak versekering
Ek het die versekering sedert 2006 by Standard Bank Home Insurance. Die enigste informasie wat ek het van die versekering is dat ek geen agtergrond het van waaroor die versekering gaan en wat dit dek nie. Dit is die t****e keer wat my boorgatpomp moeilikheid gee om watter rede ookal en hulle my nie help met die eis nie. Ek het die eis gestuur na *** en ek het ń verwysingsnommer gekry, maar daarna geen terugvoering ontvang nie. Ek het hulle vier keer op n dag gebel vir terugvoering, maar al wat jy terug kry van hulle is ń konsultant wat sê dat jy deur ń verteenwoordiger oor twee ure ge****ak gaan word. Een van die persone het vir my gesê die eis en informasie moet binne 10 dae by hulle wees of hulle gaan nie verder aan met die eis nie. Daarom het ek hulle elke dag gebel om te hoor of hulle die informasie ontvang het. Met baie swak terugvoer het ek later gevra om met hulle bestuurder te praat en die bestuurder het vir my gesê dat die eis afgekeer is na vele oproepe. Die rede hoekom die eis afgekeer is, is weens dat die eis net goedgekeur word indien dit weerlig skade is. Hulle het ook nie ń verteenwoordiger in ons area gehad wat die skade ver**** kon saamstel nie. Ek het ook nie enige informasie van Standard Bank Home Insurance gekry wat verduidelik wat die versekering dek nie. Ek het nie gekies om hierdie versekering te hê nie, ek was geforseer om by Standard Bank Home Insurance die versekering te neem as gevolg van huis huurkoop. En my opinie van hierdie versekering is dat hulle baie onprofessioneel en swak is en geen moeite doen met die opvolg van eise nie, ek moet self die opvolg werk doen en dan word jy steeds nie gehelp nie, hulle gee nie vir jou ń antwoord nie. Ek is sedert 2006 by hierdie versekering en ek het twee boorgat eise probeer eis en ek kon nie regkom nie.
Daarom wil ek net my misnoeë uitspreek teenoor STANDARD BANK HOME INSURANCE. Ek het ook einde te laaste by die versekering se bestuurder uitgekom en telefonies met hom ****ak gemaak en vir hom vertel wat die situasie is en hy het vir my gesê dat ek weer die eis moet insit met weerlig skade en daarna het hulle vir my ń e-pos getik en gese ek kan appél aanteken teen die uit**** van die eis en hulle stuur die dokument saam. Én ek wag tot vandag nog vir die appél domument wat ek tot op hede nog nie ontvang het nie.
Ek wil net sê dit is die swakste versekering waarby ek nog ooit betrokke was.
We assure you that as an organization we are committed to providing the best possible service and assure you that this will be addressed as a matter of urgency.
We apologize for the inconvenience and undue frustration, this has caused.
We greatly appreciate your continued support
Kind regards
Complaint Resolution Centre
**********
***********
We assure you that as an organization we are committed to providing the best possible service and assure you that this will be addressed as a matter of urgency.
We apologize for the inconvenience and undue frustration, this has caused.
We greatly appreciate your continued support
Kind regards
Complaint Resolution Centre
**********
***********
