1 reviews | Active since Aug 2017
Swak diens
<p>My naam is Leon Meyer. Op 2017/07/26 plaas ek ****ant oor uit my rek by Standerd Bank, Sasolburg na Absa Bank, Sasolburg. Ek word gehelp deur Kutala en Daisy by Standerd Bank. Op Vrydag 28 ste ontvang ek 'n sms dat die geld terug is in my rekening. Op die 29 ste besoek ek die bank om hul van die probleem in te lig, waar ek toe sien dat Kutala die verkeerde reknr gebruik het. Ek het die reknr van Absa asook die persoon in wie se rek dit oorbetaal moet word op skrif aan haar oorhandig. Daisy het haar werk nagegaan aangesien Kutala onder opleiding is. Ek was nie deur een van die persone gevra om besonderhede na te gaan nie. Ek het slegs 'n bewys ontvang dat die geld oorbetaal is. Ek was toe noodgedwonge om die 29 ste 'n "realtime EFT" te doen waarop ek ingelig was dat dit my R300 gaan kos vir die transaksie. Daisy het my weer gehelp. Ek verlang dat die geld van die twee dames verhaal word aangesien hul die fout gemaak het. Hoekom moet ek betaal vir 'n fout van hulle of die bank skryf die koste van die transaksie af teenoor hul naam. Ek was ook die 29 ste ingelig dat die takbestuurder my sal s***el oor die foutiewe oorplasing, nodeloos om te sê niemand het my terug ges***el nie. Ek moes self na die bank gaan op 2 Augustus waar 'n dame (dink sy is Elmarie) my gehelp het en sy om verskoning gevra het omrede niemand my nog gebel het nie. Volgens haar was sy te besig en kom die takbestuurder eers later in. Die optrede deur die personeel is onaanvaar en duidelik van persone wat nie hul werk ernstig opneem nie. Ek verwag dat daar stappe teen hul geneem sal word. Ek is 'n jarelange klient van Standerd Bank en verwag 'n beter diens. Ek hoor graag van jul. Ek eis wat sou gebeur het as die geld wel in 'n persoon se rek inbetaal was en hy dit gebruik het!!!!</p>
Dear Leon
Thank you for posting the message and allowing the opportunity to investigate the matter.
We will be in contact with you as soon as possible.
Thanks,
Complaint Resolution Centre
***
Dear Leon
Thank you for posting the message and allowing the opportunity to investigate the matter.
We will be in contact with you as soon as possible.
Thanks,
Complaint Resolution Centre
***
