MS
Mark S

1 reviews | Active since Aug 2009

16 Jul 2018, 15:10

Standard bank vat tyd en veroorsaak ekstra skade vir my

Baie dankie Standard Bank vir julle voete sleep en dat julle so lank gevat het om terug te antwoord. My dak kon al 2 weke terug reggemaak gewees het maar omdat ek moes wag vir julle ****rakteurs wat nie omgee oor kliente nie en julle wat onbevoeg is om die eis op te volg het ek nou meer skade. Ek het julle hoeveel keer gebel om die eis op te volg en julle “bevoegde “ personeel het my verseker ek moenie worry oor die ekstra skade wat my ceiling en matte kry nie en dis julle probleem nie myne nie.

Nou omdat ek moes wag en nogmaals wag en nogmaals wag het daar in die 2 weke ekstra water in my huis gehardloop en ekstra skade veroorsaak aan my ceiling nadat julle telefoon operateurs gewaarborg het ek hoef nie daaroor te kommer nie

Ek hou standard bank direk verantwoordelik vir my ekstra skade opgedoen omdat ek moes WAG!!!

Julle antwoord nie julle fone nie en bel nie terug nie en nou het die waterproofing kamma weggetrek en julle vee julle agterente af aan die skade wat ons nou ekstra opgedoen het.

Gaan terug op julle telefoon oproepe wat julle kamma record en hoor dat die telefoon operateur se ons moenie worry oor ekstra skade nie en dat dit julle probleem gaan wees-ek daag julle uit om daai telefoon oproepe te tre****. Daar kan duidelik gehoor word dat ek vra indien julle nie die eis goedkeur nie wat word van ekstra skade wat ek intussen opdoen omdat julle nie mense uitstuur nie- julle agent het duidelik gese dit sal julle problem wees van die ekstra skade nie myne nie,,,maar nou moet ek betaal vir die ekstra skade opgedoen deur vir julle te wag!!

Gaan standard bank nou my ceilings vervang…indien nie moet standard bank ons wat al 30 jaar plus julle kliente is maar vergeet om enige verdere sent uit ons te maak want ek sal seker maak ek kry `n polis op `n ander plek vir my huise

Die agente en huurders kan getuig dat ons gereeld instandhouding doen en as iets fout gaan laat ons dit binne paar ure of maksimum 3 dae regmaak en ja ons het al ons invoices gehou!!! Ons het nou 2 weke gewag vir julle en ekstra skade opgedoen—DANKIE STANDARD BAN****!

Nou het julle kamma policy exlusions heel gerieflik ingeskryf-ek wag vir julle terugvoering Maar nou weet ek presies waar ek met julle staan.

Ek het ook intussen `n private ****rakteur gekry om die skade te bepaal en hulle het bevestig dat die dakplate gelig het agv die wind en nie swak onderhoud nie maar nee glo maar julle ****rakteurs wat 2 weke lank vat voor hulle uitgaan!! Ons het persoonlik self ook November2017 op die dakke geklim en seker gemaak alle instandhoudingswerk word gedoen asook alles nuut geseel met waterproofing so moet nie vir ons kom se instandhoudingswerk was nie gedoen nie

Julle kan my bel

0
Replies (2)
Standard Bank
Standard Bank's reply17 Jul 2018, 03:14
Official

Thank you for posting your comments.

Your matter was escalated accordingly. We will revert to you as soon as possible.

Kind regards

Clint Chetty

Complaint Resolution Centre
***
*** (fax)
***

MS
Mark S's update21 Jul 2018, 11:12
Reviewer Update
Generic response !!!