1 reviews | Active since Apr 2016
Slegs beloftes maar geen terugvoering.
Ek het verskeie eposse aan Standard Bank (Standardbank Relation Centre) gedurende begin Maart gestuur om te vra hoekom ek geen bankstate vir Desember 2015, . Januarie 2016 en Februarie 2016 ontvang het nie. (Klagte no ***). Mnr Le Roy Cohen het 14dae later (23/3/2016) die state aan my gestuur. My lopende rekening was deur Standardbank gedebiteer vir die bedrag van R52.50 as betaling vir die stuur van genoemde state. Op 25/3/2016 het ek 'n epos aan die betrokkenes by Standardbank gestuur om te vra hoekom ek vir die stuur van bogenoemde state moet betaal terwyl ek maandeliks 'n diensfooi betaal wat die stuur van die bankstate insluit. Ek het ook op 12/4/2016 hierdie epos weer onder Standardbank se aandag gebring asook dat ek nog steeds geen staat vir Maart 2016 ontvang het nie. Mnr Le Roy Cohen het my op 12/4/2016 per epos laat weet dat hy binnekort na my sal terug kom in bogenoemde verband.maar tot op op hede (15/4/2016) het ek nog geen antwoord ontvang nie. Ek is vir meer as 34 jaar 'n klient van Standardbank maar het nog nooit voorheen sulke swak diens van hulle ontvang nie. Ek voel net dit is nodig om dit onder ander se aandag te bring hoe STANDARDBANK se diens verswak het
