1 reviews | Active since Dec 2017
Onaanvaarbare optrede van Standardbank ten opsigte van die afhandeling van 'n boedel.
Standardbank Ek kan nie anderste as om my uiterste misnoë met julle swak diens te kenne te gee nie. Die boedel van my oorlede Moeder wat In Okterber 2020 tot sterwe gekom het, is sedertdien nog nie afgehandel nie. Ons is egter op 6 Desember 2021 deur ene Mary Rose Kleinhans meegedeel dat die boedel vir 21 dae by die meester van die hof vir inspeksie doeleindes lê. Na afloop van die fees seisoen het ons navraag aan Kleinhans gerig maar die outomatiese epos diens het ons laat weet dat sy nie meer werksaam by standardbank is nie. Ons is met geen verwysing na enige ander amptenaar gelaat nie. Ons navrae na *** is ook nie beantwoord nie. Dit is totaal en al onaanvaarbaar dat Standardbank nie die basiese regte ding kan doen om ons automaties tydens die bedanking van die persoon, in kennis te stel dat ons met iemand anders moet kommunikeer nie. Dit is egter die helfde van my grief teen Standardbank aangesien Kleinhans ons navrae voortdurend ignoreer het. Hierdie klas van ding skok ons dus nie in die minste nie maar is nie te min uiters walglik ok die minste te sê. Veral in die sin daarvan dat Standatrdbank as ‘n bank behoort in te sien dat enige mens die onsmaaklikheid van ‘n boedel so gou as moontllik wil agterlaat. Standardbank daarteen het tot nou toe geen steen versit om die prosses te versnel nie. Dit geruig van absolute onbevoegdheid of blatante disrespek. Hiermee versoek ek dus die volgende: a) Ek wil weet hoekom ons so hanteer word. Dit gaan nou lank so aan en ek voel ons is ‘n verduideliking verskuldig. ‘n eenvoudige jammer sal nie doen nie. Ons wil weet hoekom julle optree soos jul doen. b) Dat julle my sal meedeel wie die nuwe ****ak persoon is. c) Dat ‘n tydlyn verskaf word van wanneer die boedel finaal afgehandel sal wees.
Thank you for posting your comments.
We sincerely apologize for the inconvenience caused.
We will look into your matter and revert back to you as soon as possible.
Complaint Resolution Centre
***
***
Thank you for posting your comments.
We sincerely apologize for the inconvenience caused.
We will look into your matter and revert back to you as soon as possible.
Complaint Resolution Centre
***
***
