1 reviews | Active since May 2019
Onaanvaarbare diens by Standardbank Malelane
Hoeveel ure neem dit om n krediet kaart toe te maak????? Ek staan vir 45 min in n ry omdat daar nie genoeg mense aan diens is nie. Wanneer ek voor kom en gehelp kan word, word daar vir my gesê om liewer n ander dag terug te kom want die dame gaan nou op lunch our gaan. Kom ek n volgende keer terug, is daar net 1 persoon aan diens, sy sit my op die telefoon om die kaart telefonies te stop (hoekom het hul nie die eerste keer dit sommer gedoen nie?). Toe slaag ek nie die sekuriteits toets nie - toe moes ek net iemand in die tak kry om iets te verifieer.... toe ek die dame agter enquiries soek is daar NIEMAND nie. So sê ek vir die ou op die foon daar is niemand wat in die tak werk sigbaar nie. N Paar min later kry ek iemand net voor sy by die deur uitloop en vra haar om asb net met die ou op die telefoon te praat. Nou ja, ek is seker weer 45 minute later by die bank uit en het nog nie reg gekom nie. Ek moes hul vanoggend 08:00 bel..... Na nog 16 minute op die foon, sê die dame ek moet more weer bel, dan sal hul my kan help. Ek vra haar toe dat sy my more bel - ek kan nie weer so lank op my foon aanhou om na hul musiek te luister nie. Toe sê sy net sy kan my nie terug bel nie....
My ervaring by Standardbank Malelane is dat die werkers nie op standaard is nie. Dinge vat onnodig lank en frustreer kliënte.
Thank you for posting a comment.
One of our consultants will be in contact with you as soon as possible.
Regards,
Complaint Resolution Centre
***
***
Thank you for posting a comment.
One of our consultants will be in contact with you as soon as possible.
Regards,
Complaint Resolution Centre
***
***
