EG
Elizabeth G

1 reviews | Active since Aug 2017

31 Aug 2017, 11:10

Internet *****

Ek het op 4-5 Augustus 2017 internet bedrog op my tjekrekening gehad. Op 7 Aug het ek dit gerapporteer by Kabelo by ***** Afd. Ek het eers die Saterdag besef ek ruik "n rot. Daar is 2 bedrae geld uit my rekening op die 4de en 5de en ek sien nou op my staat ook die 7 de Aug. Op 8 Aug bel Justise my en inkrimineer my oor hoekom het ek dit eers die 7 de gerapporteer!!!Een bedrag is terug in my rekening maar die 2 de bedrag wys nerens op die staat nie alhoewel ek wel inbesit is van die sms'se wat ek op my foon ontvang het met "n CNP nommer wat ek toe Google en dit wys internet bedrog. Saak is by SAP gerapporteer. Justise s***el my en bevestig dat die geld oorbetaal is in 'n FNB rekening. Ek het gesmeek dat hy die bedrag van R7050 moet stop en hy sê nee hy kan nie aangesien dit "n bedrog saak is. Later in die volgende week s***el 'n dame my en sê hulle soek 'n hofbevel, wat my duisende rande meer gaan kos as die R7050. Ek smeek weer die dame dat hulle vir my so gou moontlik moet kyk en sy belowe om terug te kom na my tot op hede nog geen antwoord van hulle kant af nie. Ek is 'n weduwee en 'n pensioenaris en het nie soveel geld om rond te gooi nie. Op 23 Augustus stuur ek vir hulle 'n e-mail nogsteeds het ek geen reaksie van hulle ontvang nie. Ek is 'n lojale klient van Standard Bank al vir meer as 40 jaar. Is dit hoe Standard Bank hulle kliente behandel ek vra maar net? Ek het Dinsdag weer ges***el en die persoon het nou regtig nie eers moeite gedoen om in te gaan in die omstandighede nie net vir my gesê dit kan tot 6 weke neem!!! Ek forward weer die e-pos en vra hulle moet my dringend ****ak! nogsteeds geen terugvoer. Ek smeek HelloPeter om my by te staan! EK SMEEK OOK STANDARD BANK OM MY TE HELP EK IS ONGELUKKIG 'n DEPRESSIE LYER EN KAN ONGELUKKIG NIE DIE SPANNING OOK HANTEER NIE! Intussen moes ek al 2 keer Dr toegaan om medikasie te kry om my tot ruste te laat kom. Ek moes my Internet mense kry om my rekenaar na te gaan vir virusse rekening R500. Hulle is ook meer as welkom om my rekenaar se hardeskyf te kom kyk of daardie transaksies op die rekenaar gedoen is ek HET nie! Dit blyk omdat die transaksie wat die CNP nommer het hulle nie pla nie oor die goed nie op my staat wys nie. ASSEBLIEF HELP MY! Sel **********

0
Replies (2)
Standard Bank
Standard Bank's reply04 Sept 2017, 13:55
Official

Dear Elizabeth Grobbelaar

Thank you for your posting.

I refer to my email correspondence and can confirm that I am attending to this matter.

Kind regards

Clint Petersen

Complaint Resolution Centre

***

Standard Bank
Standard Bank's reply06 Sept 2017, 10:19
Official

Dear Elizabeth Grobbelaar

Thank you once again for your posting.

I refer to my email correspondence and can confirm that the matter has been escalated to the executive complaints desk for this matter to be reviewed.

Kind regards

Clint Petersen

Complaint Resolution Centre

***