1 reviews | Active since Nov 2017
Dink 2 keer voor jy Standard Bank kies. #worstbankever
Dink 2 keer voor jy Standard Bank - South Africa kies.
Hoewel ek 'n GROOT kleintjie dood het aan iemand wat op sosiale media hul mond uitspoel en dit nie die plek is om “vuil wasgoed” in die publiek te was nie blyk dit deesdae die vinnigste of soms enigste manier te wees waarop diensvers******s reageer op klagtes en gruwe. Bear with us (en share asb, dat Standard Bank die invloed van sosiale media kan voel). Dis 'n baie laaaang storie (en daar is so baie wat hierdie storie NOG langer kan maak)...So waar begin mens hierdie verhaal?
Ons geliefde Pappa het sy plek hier op aarde op 2 November 2015 verlaat. Die Eksekuteur van sy boedel is Standard Bank - South Africa, die instansie waar hy vir dekades ‘n kliënt was en wie se dienslewering hy baie hoog geag het. Twee jaar later en dit wil nou voorkom of jy slegs belangrik is vir die bank vir solank as wat hulle geld uit jou kan maak. Na maande se gestoei, heen-en-weer met navrae en moedelose gesprekke wat geen vrugte werp nie wag ons steeds dat die boedel afgehandel word. Die eerste konsultant waarmee ons te doen gehad het is vinnig van die spesifieke boedel verwyder om rede sy met ons eerste besoek (4 November 2015) aan die bank na ons Pa se dood vir ons vertel het dat ons eers in Januarie 2016 die eksekuterusbrief van die Meester van die Hof kan kry omrede “dit Desember is en almal met vakansie gaan”. Let wel op die datum van ons besoek....Desember nogal?
“‘n Nuwe besem vee altyd skoon”, en dit was baie waar met die nuwe konsultant wat aangestel is om die boedel te hanteer (by name Nadine Heyneke). Sy het redelik vinnig die nodige dokumentasie van die Meester bekom om haar in staat te stel om die boedelsake te begin orden en afhandel. Ons eerste indruk was toe ook vinnig verkeerd bewys. Daar is SO BAIE voorbeelde wat gelys kan word, dit is eintlik moeilik om dit te groepeer sodat dit meer sin maak. But here goes..... Op 23/11/2015 is die laaste bankstate van ons Pa se rekening aangevra by Standard Bank. Sy boekhouer benodig dit vir die finale belangstingopgawes wat sy namens hom hanteer en indien. Oorspronklik het die bank vertel dat die state van argiewe in Kaapstad moet kom en dit kan 3-4 werksdae neem. Nie te lank nie, reg? Verkeerd. Na vele eposse (9 van hulle: alles op skrif vir ‘n ‘paper-trail’) en telefoonoproepe is die bankstate op 03/06/2016 ontvang en aan die boekhouer gestuur. Die boekhouer ontvang intussen kennis van SARS dat al ons Pa se persoonlike inligting geverifieër moet word. Gesien in die lig dat ons Pappa oorlede is kan slegs die Eksekuteur van die boedel hierdie inligting bevestig. Net om die volgende duidelik te maak (vir die wat nog nie te doen gehad het met ‘n boedel: die Eksekuteur is die enigste volmagtige party wat ALLE sake van die oorledene mag hanteer en finaliseer ten einde die boedel af te handel, nie eens ons dogters kan dit gaan doen). Nadat die voltooide opgawes aan Standard Bank oorgegee is sloer ook hierdie aspek vir maande. Op 02/05/2017 ontvang ons ‘n epos van die boedel-konsultant waarin sy vertel dat sy eers “nodige toestemming moet bekom” om SARS se kantore persoonlik te besoek, want sy mag ongelukkig nie. Voordat sy dus nie ‘n briefie ontvang om te sê sy mag in haar kar klim en na SARS gaan kan niks aan die saak gedoen word. Twak! Wat is die doel van die Eksekuteursbrief, wat ons voor enigiets anders by die Meester van die Hof moes kry, dan? Weer is daar vele eposse wat aan Standard Bank gerig word met navraag, waarvan meeste ongeantwoord bly (of ons kry ‘n niksseggende epos terug as ons gelukkig is). Op 01/08/2017 ontvang ons ‘n epos van die boedel-konsultant dat “alle dokumente ingedien is te SARS en ons binnekort die Aan**** te behoort ontvang”. Ons verbasing was GROOT om die boodskap te kry, omdat ons onder die indruk was alles is reeds maande terug ingedien en dat die bank slegs wag vir die uitdruk van die finale aan**** Met ‘n persoonlike besoek aan die konsultant op 10/08/2017 is daar weer vir ons meegedeel dat sy, met haar besoek aan SARS gedurende die week, op die rekenaarskerm gesien het dat die opgawe ‘n NIL balans het en dat hul slegs nou vir die aan**** wag om sodoende die Likwidasie & Distribusie rekenine op te trek om dit by die Meester te kan indien. Sy gaan in die komende week weer na SARS se kantore en sal dan vir ons terugvoer gee. Intussen volg ons twee weekliks op rakende terugvoer mbt die SARS besoek, maar niks. Verlede week rig ek weer ‘n e-pos aan haar waarby sy toe antwoord sy kan slegs bevestig dat alle dokumente ingedien is en dat hulle binnekort die Aan**** behoort te ontvang. Hoe moeilik kan dit nou regtig wees om ‘n aan**** met ‘n NIL balans te verkry? Dan is daar die kwessie van die huis. Een van ons dogters het die opsie uitgeoefen om ons Pa se huis uit die boedel te koop. Hulle het reeds in Februarie 2016 in die huis ingetrek. Na vele gesprekke oor die betaling van die eiendomsbelasting op die erf is daar deur die boedel-konsultant vir hulle vertel dat die boedel die erfbelasting dra en die inwoners van die erf slegs die water en munisipaledienste se kostes moet dra. Dit is toe ook hoe die rekeninge elke maand hanteer is. Reeds vroeg in 2016 word die water na die erf afgesny agv “agterstallige rekeninge”. Na oproepe aan die boedel-konsultant (wat baie verbaas is oor die water afgesny word) onderneem sy om aan die prokureurs wat met die rekening werk ‘n epos te stuur, sodat die saak met die munisipaliteit opgeneem kan word. Nog drie maal daarna word die water op die erf afgesny agv agterstallige rekeninge (erfbelasting wat nie betaal is sedert ons Pa se afsterwe in November 2015). Elke keer wat die boedel-konsultant ge****ak word om die probleem op te los word dieselfde antwoord gegee: “Eks stuur ‘n epos aan die prokureurs, sodat hulle dit met die munisipaliteit kan opneem.” Niks het ooit daarvan gekom, die inwonders het maar self soos diewe in die nag die water weer gaan oopdraai. Op die oggend van 02/03/2017 word ‘n seël op die meter gesit, sodat dit nie weer oopgedraai kan word. Die munisipale werker sê eenvoudig net dat sodra ALLE uitstaande gelde betaal is sal hulle weer die watermeter oopdraai. Die water en dienste-rekening word elke maand tot op die sent betaal, maar omdat die erfbelasting alreeds so ver opgehoop het is hierdie drastiese stap geneem. Nog ‘n verleë oproep na die boedel-konsultant en sy sê dat ‘n epos weer gestuur sal word aan die prokureurs. Teen 14h00 word daar weer opgevolg, daar is dan steeds geen water. Met ‘n 3 maande-oue baba in die huis is die frustrasie baie groot wanneer daar nie water is nie. Weer is die “oplossing” om ‘n epos aan die prokureurs te stuur. Teen 16h00 word daar telefonies laat weet dat ‘n klerk munisipaliteit toe gestuur is en volgens hul rekords word daar maandeliks te min op die rekening betaal (die erfbelasting word nie betaal agv reëling wat deur bank aan die inwoners deurgegee is). Na ‘n vreeslike geskel aan die Munisipaliteit en knaende oproepe aan die Bank om die verskil te betaal, van die inwoners se kant af, word die water UITEINDELIK twee dae later weer aangesit. Intussen vereffen die inwoners maar die erf belasting saam met die res van die dienste om te verhoed dat hul water weer afgesny word. Uit al die bogenoemde is dit seker teen die tyd al duidelik dat kommunikasie nie een van Standard Bank se sterk punte is nie. Ook interne kommunikasie blyk ‘n groot uitdaging te wees vir die personeel van hierdie instansie. ‘n Paar maande na ons Pa se afsterwe ontvang ons ‘n oproep van die bank se prokureurs. Hulle is dringend opsoek na hom omrede hy sedert November 2015 geen betalings op sy kredietkaart gemaak het nie. (Let wel hy is 02 November 2015 oorlede). Natuurlik is ons eerste reaksie “WAT???” Hoe is dit moontlik dat die een afdeling nie weet wat die ander doen? Ons pa was dekades lank ‘n kliënt by Standard Bank en het baie besigheid met hulle gedoen. Hy het selfs sy eie privaat bankier gehad wat al sy sake hanteer het. Hoe is dit moonlik dat hierdie een afdeling ons vir weke kan pes met dieselfde navraag (elke keer net ‘n ander konsultant wat ons ****ak)? Wat die hele storie moeiliker maak om te verstaan is dat die einste bank wat ons so pes dan die Eksekuteur is van sy boedel. Een van díe belangrikste dinge vir ons pa was dienslewering. As iemand wat self ‘n besigheid bedryf het het hy goed verstaan hoe belangrik goeie kliëntediens en kommunikasie is. Hy was ook besonders trots op die puik diens wat hy oor die jare by Standard Bank ontvang het, maar dit wil regtig nou meer begin lyk dat hulle belange by ‘n kliënt stop die dag wanneer daardie kliënt sy/haar oë toemaak. Ek droom al saans dat my Pa opstaan uit die dood. Dat die sloer van die boedel ‘n manier is waarmee sy Dokters tyd wou koop om sodoende sy liggaam kans te gee om te genees. NIKS in hierdie wêreld sal ons Pappa kan terugbring en al wat ons oorhet is die herinneringe van ‘n lewe saam met hom. Na menige maande (24, om presies te wees) is ons steeds net baba-treetjies nader hierdie saak af te handel. Selfs al na oproepe aan die hoof van Standard Bank se Boedel en Testamente-afdeling, sowel as die feit dat ons haar in al ons korrespondensie in “cc” is die vordering steeds teen slakkepas. Wanneer dit kom by die Eksekuteursfooi wat op die boedel gehef word neem Standard Bank die maksimum wat deur wetgewing toegelaat word, maar wanneer dit kom by dienslewering (om daardie fooie te regverdig) is daar niks. Ons voel sterk daaroor dat die vertraging van hierdie boedel opsetlik is (seker om meer geld uit rente te probeer maak) en dat die persone wat dit hanteer onbevoegd is om die taak te doen. Om besig te wees is geen verskoning vir maande se stilte wanneer talle eposse gestuur word om meer inligting rakende die status van dinge te kry nie. In ons elkeen se beroepe en lewens is ons besig, maar ek wil glo dat mens tyd maak (al is dit net ‘n vinnige “****ak jou later”)....of dis ten minste hoe ons pa ons geleer het. Wat meer mens te doen staan weet ons nie meer nie. Ons het al advies ingewin van verskeie ander prokureursfirmas oor die oponthoud en verskonings wat elke keer aan ons gegee word, maar op die einde van die dag bly ons steeds afhanklik van die bank se absolute patetiese “diens” om alles te finaliseer. Een ding wat ons verseker weet, en graag met almal wil deel, is dat jy NOOIT dié bank die Eksekuteur van jou sake moet maak nie.
Thank you for posting your comment.
We assure you that as an organization we are committed to providing the best possible service and assure you that this will be addressed as a matter of urgency. Kindly provide us with the account or id numbers in order for us to escalate your matter further to the below email address:
- Email: ***
We apologize for the inconvenience and undue frustration, this has caused.
We greatly appreciate your continued support
Kind regards
Clint Chetty
Complaint Resolution Centre
***
*** (fax)
***
Thank you for posting your comment.
We assure you that as an organization we are committed to providing the best possible service and assure you that this will be addressed as a matter of urgency. Kindly provide us with the account or id numbers in order for us to escalate your matter further to the below email address:
- Email: ***
We apologize for the inconvenience and undue frustration, this has caused.
We greatly appreciate your continued support
Kind regards
Clint Chetty
Complaint Resolution Centre
***
*** (fax)
***
