1 reviews | Active since Feb 2017
Bedrog by Standard Bank

Ek het 'n e-pos van Standard Bank af gekry op 26/01/2017 om my 'U counts' te eis. Toe ek die link aan die onderkant van die e-pos oopmaak toe vra hy 'n OTP aan en toe se ek ja. Standard Bank het vir my 'n OTP gestuur en ek het dit ingesleutel op die webblad. Die OTP was na my selfoon toe gestuur deur Standard Bank. Direk was daar R2000 uit my rekening uit getrek. Standard Bank het my oomblikke na die geld uit my rekening uit is gebel en in kennis gestel dat ek n ****foffer is van bedrog. Hulle het my ook in kennis gestel dat hulle my rekening gaan sluit en my internet banking. Hulle het my in kennis gestel dat ek moet in gaan bank toe die volgende dag. By die bank het die konsultant dit bevestig dat ek n ****offer is van bedrog en hulle sal n nuwe kaart vir my moet bestel waarvoor ek moet betaal. Die konsultant het my ingelig dat ek nie my rekening kan gebruik tot die ondersoek nog nie afgehandel is nie. 9 dae later bel 'n konsultant van Standard Bank my terug en verduidelik dat ek die geld sal moet afskryf omdat hulle nie die geld kan terug kry nie. Die konsultant kan nie vir my inligting gee oor die ondersoek nie. Ek as 'n klient van Standard Bank voel teleurgesteld want al het ek die OTP op my selfoon gekry het van Standard Bank af se hulle ek is alleen skuldig en dat ek die geld moet afskryf. Standard Bank moes opgetel het dat dit nie n wettige webblad is nie. En dadelik die OTP geweier het.

Ten laaste wil ek as klient ander Standard Bank gebruikers net bewus maak van die ongeorganiseerde diens wat ek gekry het en dat ek voel ek as klient moes meer inligting gekry het weens die feit dat my geld uit my rekening weg is weens 'n fout van Standard Bank af. Spoedige terugvoer van Standard Bank se hoe bestuur sal baie verlang word of verdere stappe sal geneem moet word.

Baie dankie

Thank you for your posting.
Please note that further details have been requested from you via email in order for us to address your concerns.
We await your response.
Best regards
Complaint Resolution Centre

*** (fax)

Thank you for your posting.
Please note that further details have been requested from you via email in order for us to address your concerns.
We await your response.
Best regards
Complaint Resolution Centre

*** (fax)