1 reviews | Active since Jul 2025
swak diens en kos vir soveelste keer
absoluut shocking. Ek was al die jare n groot spur aanhanger. Was n gesellige franchise om met vriende en familie te sit en kuier of selfs mense vir werk te ontmoet. Die afgelope 6 of 7 jaar was ons oor en oor teleurgestel in die verskillende spur eet plekke wat ons besoek het. Van Herm****, George, kaapstad, somerset mall en soveel meer. Van swak diens, rou kos, koue kos, oorgaar taai steak en soveel meer. My vrou was vandag n **** lus om wegneem spur te kry vir middag ete by huis te eet. Ek dink toe okay dalk het dinge al verbeter... Guess what? Nog n teleurstelling. My vrou ry om kos te gaan afhaal en ek bly by huis met kleinding. Toe sy by huis kom vertel sy my hulle bring vir haar verkeerde bestelling net om uit te vind dat ons kos onder toonbank staan. Ek maak toe my bestelling oop...yskoud. En raai wat. Ekt die to share wings en calamari bestel. Behalwe dat dit koud was, net 6 stukkies wings en 6 dun repies calamari. Die chips is in dikker repe as die calamai. Geen chips of uie ringe nie. To share? Wie eet en wie kyk aan daai min kos to share teen R160? Dis belaglik. Dis nie eers n starter werd nie. As daar vir daai prys tenminste bietjie chips en uieringe was kon dit die prys justify. Nee wat jammer spur. Om vir soveelste keer agter mekaar so baie teleurstellings by julle te beleef. Julle kan maar jul deure toemaak. Die spur van ouds is julle beslis nie meer nie. Al waarby julle met tye bygehou het was die prys aanpassings. Ek kla nie sommer nie, maar hierdie is absoluut belaglik. Trek julle sokkies op of maak toe. SA se top familie restaurant is julle beslis nie meer nie.
