JV
Jenny V

1 reviews | Active since Oct 2015

02 Jan 2016, 22:54

Slegte diens Phalaborwa Spur

Was vandag by 'n kinderpartytjie by Phalaborwa Spur, wat se slegte diens was dit nie. Die tafels wat bespreek is het ons nie gekry nie en toe ons kla daaroor het niemand regtig geweet wat aangaan nie. Die kelner wat ons gekry het was net so sleg. Hy het nie lekker geweet wat op die menu's aangaan nie, sodra jy iets bestel moet jy hoor dit is nie deel van 'n sekere gereg nie. Maar dit hoor jy net as jy hom met 'n gesukkel in die hande kry. Ons moes 'n paar keer die bestuurder roep om ons kelner te gaan soek. Daar was chips wat nie gaar was nie wat ons moes terug stuur. Kos en drankies wat baie lank gevat het om te kom. Ons het amper 2ure gewag vir ons kos en toe kry een van die dames nog boonop 'n haar in haar kos, toe sy daaroor kla is daar 110 verskonings gegee wat nie sin maak nie. Na twee en 'n haar ure het ons maar die rekeninge gevrae dat ons kan loop want die kinders het toe nog gewag vir hulle roomys en begin moeilik raak want die play stations en Wi-Fi het nie gewerk nie. Die luckypacks was net so teleurstellend. Ons het regtig baie slegte diens gekry vandag en dit het nie regtig gelyk of dit die personeel baie gepla het wat ons gehelp het nie.

0
Replies (1)
Spur Steak Ranches
Spur Steak Ranches's reply06 Jan 2016, 12:06
Official
Hello VFDEVILLIERS,

Thank you for taking the time to bring this to our attention. We are really sorry to read that the birthday celebration was ruined due to poor service. We will certainly share your feedback with the store so that the owner/operator can investigate this and get back to you to provide feedback.'

Kind regards
Nicole Lewis
Customer Care