DP
DJ P

1 reviews | Active since Mar 2016

05 Dec 2016, 16:59

Onaanvaarbare diens in 'n vuil restaurant

<p>Ek en my vrou het die Yellowstone Spur in Carletonville op 1 Desember besoek. Met ons aankoms was daar niemand om vir ons 'n sitplek aan te wys nie. Nadat ons ons bestelling geplaas het, het ek die kelner gevra om asseblief iets omtrent die vlieë en die brommers te doen. Ook die wat dood in die vensterbank gelê het. Na 15 minute moes ek iemand gaan anders soek het om iets omtrent die vlieë en brommer probleem te doen. Nog steeds was daar niemand by die bestuurstoonbank/betaalpunt nie. Toe my "bottomless coffee" vir my gegee was, was dit met warm melk, nadat ek uitdruklik aan die kelner gesê het, dat ek koue melk wil hê en die koffie was yskoud. Byna 20 minute later moes ek weer vra vir nog 'n koffie. Weer was die koffie yskoud en die melk ook. Ek het dit onder die aandag van die dame in die kantoor gebring en gesê dat ek en my vrou ook nie langer vir ons bestelling gaan wag nie. Dit was na ongeveer 'n halfuur en dit terwyl daar sewe ander tafels in die hele Spur was, waar mense gesit het. Toe word die hele rekening vir my gegee, waarop ek moes verduidelik, dat ons nie geëet het nie. Toe moes die bestuurder agter in die kombuis gehaal word, om die gemors te probeer regstel. Hy (Derek, as ek reg onthou) het verkoning gemaak vir die swak diens en gesê ons hoef nie die koffie en lemoensap wat my vrou gedrink het, te betaal nie. 'n Skrale troos vir SWAK DIENS in 'n VLIEË en BROMMERNES. Dit gaan nie vir my om enige iets gratis te kry nie. Ek het Spur toe gegaan, omdat ons gereeld, regoor die land by Spur eet, maar ek was ontnugter dat die diens by Yellowstone Spur so verswak het, sedert ons die vorige keer daar geët het. Ek hoop iemand gryp dringend in, om die verdere agteruitgang van die Spur te stop.</p>

0
Replies (0)