Tv
Theunis v.theunis

1 reviews | Active since May 2026

05 May 2026, 16:31

Ek was op ’n stadium redelik oorweldig met my skuld en het nie regtig geweet waar om te begin nie

Ek was op ’n stadium redelik oorweldig met my skuld en het nie regtig geweet waar om te begin nie. Skuldhulp het my gehelp om dinge bietjie meer onder beheer te kry. Hulle het alles mooi verduidelik en saam met my ’n plan opgestel wat realisties voel. Wat ek waardeer het, is dat ek nie gevoel het ek word geoordeel nie. Dit het vir my baie beteken, want skuld kan nogal ’n sensitiewe ding wees. Hulle het my ook gehelp om met skuldeisers te praat, wat vir my altyd die moeilikste deel was. Aan die negatiewe kant moet ek sê die fooie het my eers laat huiwer. As jy klaar finansieel sukkel, voel enige ekstra koste baie. Maar vir my persoonlik het dit op die ou einde die moeite werd gevoel, omdat ek nou meer beheer oor my geld het. Baie dankie vir alles wat julle vir my doen Skuldhulp. 🙏

0
Replies (1)
Skuldhulp
Skuldhulp's reply06 May 2026, 06:08
Official
Goeie dag Theunis

Baie dankie dat jy jou ervaring met ons gedeel het. 💙 Ons waardeer dit opreg om te hoor dat Skuldhulp jou kon help toe jy oorweldig gevoel het deur jou skuld en nie geweet het waar om te begin nie.

Dit beteken baie vir ons dat jy gevoel het alles is mooi verduidelik en dat daar saam met jou ’n realistiese plan opgestel is. Ons verstaan ook hoe sensitief skuld kan wees, daarom is ons bly dat jy ondersteun gevoel het sonder om geoordeel te word.

Dankie ook vir jou eerlike terugvoer oor die fooie — ons verstaan dat enige ekstra koste moeilik kan voel wanneer finansies reeds onder druk is. Ons is egter dankbaar dat jy voel dit was op die ou einde die moeite werd en dat jy nou meer beheer oor jou geld het.

Baie dankie vir jou vertroue en mooi woorde. Ons wens jou alle sterkte toe op jou finansiële reis vorentoe! 🙏

Vriendelike groete
Marlize
Skuldhulp