1 reviews | Active since Jun 2019
Simmons
Ek het baie goeie diens ontvang van Dial a Bed in Mosselbaai. Die Probleem is met die produk self net soos al die ander Produkte, matrasse ook. Almal beskryf dit as 'n 'Cool' matras met baie lugvloei om die hitte weg te ly. Ek het 'n Simmons Winchester Medium gekoop en Nadine was bewus van die hitte probleem wat ek ondervind het met 'n Sealy Tayla matras wat ek by 'n ander maatskappy gekoop het, wat die matras terug geneem het en my geld ook terug gegee het. Dial a Bed se beleid is anders??? . In die 1ste maand was die temperatuur van my Simmons aanvaarbaar maar soos die matras geset het het die Simmons matras baie erg warm geword. Ek kan nie verstaan dat hulle redeneer dat spons kan ventileer nie, Spons is 'n isolasie materiaal en as jy nie insetsels insit nie kan spons nie ventileer nie. Die matras is sover baie gemaklik maar nadat hy nou vir 2 maande geset het, kan ek ook ondervind dat my rug nie meer die ondersteuning het soos in die begin nie en ons ondervind ook rugpyn en ook die temperatuur toename soos die spons kompakteer. Volgens hulle katalogus adverteer Simmons 'n totaal ander weergawe wat temperatuur aanbetref.
Die verteenwoordiger van Simmons het ook laat weet hy kan oor 'n maand die saak ondersoek wat vir my 'n groot teleurstelling is.
Beste Groete
Sarel Naude ***
:
:
