dB
deon B

1 reviews | Active since Oct 2017

06 Jun 2018, 11:00

Uitstekende dienste Welkom Renault tak

Ek wil net graag aan Renault SA die volgende deel. Ek het Maandag oggend die tak in Welkom gebel oor 'n afspraak vir 'n "diagnostic" test vir my Renault Senic 1.6 2008 model, ek is ingelig om eers Dinsdag te kom, seker oordat werkswinkel volgeboek is, gister oggend was ek om 07:30 daar gewees en is die kar ingeboek vir die toets, die ontvangs en verloop van die prosesdure was seepglad gewees. Met die terug rapportering vanaf die werkswinkel was daar 100% kommunikasie gewees en die persoon met die naam van Danie het my op hoogte gehou, nadat die Test results uitgekom het, was die uit**** gewees geen fout nie, maar Danie het gereël dat hul met die Renault ry om te sien of die uitslae anders wys en daar tel hul dit op dat die noksensor maak ****ak op 'n draad wat an die body raak van die kar en dat hul dit gaan toedraai en sien of dit die probleem gaan help voorkom. Ek wil net weereens dankie sè vir Danie en sy span wat hul uiterste bes probeer het om die probleem uit te stryk en my nie verniet van Kroonstad na Welkom laat ry het nie. Dit het my so positief geinspireer dat ek my Renault met sy volgende diens Welkom tak toe sal vat , dankie Welkom Tak. Graag sal ek wil hè dat Renault SA moet kennis neem van die goeie diens wat Welkom Tak verrig vir kliente en dat Danie moet erkenning kry vir sy goeie kliente verhouding tov werksvermoë.

0
Replies (0)