1 reviews | Active since May 2016

25 Jan 2018, 07:14

Renault Kwid

Ek het 'n motor gekoop (KWID) en op 25 November 2017 die motor afgehaal by Ranualt Brackenfell my dogter was op 29/11/2017 daar om te se daar is 'n geluid wat raas en die radio hak vas ons het die voertuig geneem na Stikland workshop op 1/12/2017 was daar 7h15 hulle het ons ges***el en gese die voertuig is gestuur na tegniese afdeling hele dag niks gehoor nie 16h45 bel ons toe se hulle nee julle kan maar die voertuig kom haal en dat die gearbox olie vervang moet word en as die radio weer vashak moet ons 'n video clip neem wat ons gedoen het nou met die voertuig weer ingaan en ek sit sonder vervoer dit is 'n nuwe voertuig wat nie veronderstel is om probleme te gee nie. Het weer die voertuig geneem op 6/12/2017 om die foute te herstel en weereens toe ek daar kom niks gedoen nie . En so gaan dit aan ons is nou in 2018 en hulle het my ge****ak dat hulle wel die radio gekry het maar nog nie die olie nie ek het vir hulle gese hulle moet my ****ak as hulle als daar het dan sal die voertuig bring , so kry ek 'n sms op 22/1/2018 dat alle parte is nou daar so maak ek weereens 'n afspraak vir 24/1/2018 neem die voertuig ek is daar al 7 uur hulle ****ak my deur die dag en se dat die tegnikus wel besig is met die voertuig, verder hoor ek niks nie ek was kwart voor 4 by die workshop hulle nog besig met voertuig so teen 20 oor 4 se die dame vir my sy het slegte nuus hulle het nie die olie in voorraad nie en die radio kry hulle nie geprogrameeer nie ek moet nou maar my voertuig neem en op 'n ander tyd terugbring as hulle die olie in voorraad het (soos sy gese het hulle sal die voertuig by my kom haal) so daar is ek nou weer weg met die voertuig en niks is reggestel nie. Dit maak my woedend want dit is 'n splinternuwe voertuig wat nou al probleme gee ek is jammer maar of hulle moet vir my 'n ander voertuig gee of die voertuig terugvat en my geld teruggee dan gaan koop ek iewers anders , want so kan ek nie aangaan nie die voertuig is al 4 keer by die workshop gewees vandat ons dit gekoop het en nogsteed is niks reggestel nie.

0
Replies (0)