ZV
Zelita V

1 reviews | Active since Oct 2012

13 May 2015, 09:04

Swak Diens, betaal nie Deposito terug nie

Ek wil net graag my slegte ondervinding deel. Ons het 'n eiendom gehuur van Linda Oberholzer van Realnet Bronkhorstspruit. Tot en met vandag het ons nie die huur****rak gekry nie. Dit was geteken by haar kantoor. Na 4maande het ons 2 maande skriftelike kennis aan Linda en die verhuurders gegee dat ons einde April sal uit trek. Die dag wat ons ujitgetrek het was Linda nie daar om inspeksie te hou of om 'n sleutel te vat nie. Die eienaar wat haar betaal om die werk te doen moes dit self gedoen het. Daar is nie vir nuwe huurders gesoek deur Realnet nie. Die Maandag toe ek Linda bel om te hoor van my Deposito moes sy nog eers inspeksie doen dis 4dae na ons uitgetrek het en die nuwe huurder het Saterdag ingetrek. Ek het haar gevra hoekom sy nie die Vrydag daar was nie, het sy my geantwoord sy was weg vir die naweek. Wat van Realnet se ander agente wat van kom die Donderdag voor jy weg gaan? NEE geen reelings nie geen kominikasie nie. Ek het gister die hoofkantoor ges***el om hulp. Bronkhorstspruit het nou nog nie geantwoord nie. Dit is die 13de dag en ons deposito is nou nog nie terug betaal aan ons nie.... My persoonlike opinie moet nie deur die mense huur nie!!!!!!

0
Replies (1)
RealNet Properties
RealNet Properties's reply13 May 2015, 09:48
Official
Hello Minnie Me,

Neem asseblief kennis dat alle RealNet franchises onafhanklik besit en bestuur word.

Ons neem egter kennis van u klagte en het reeds terugvoer versoek van RealNet Kungwini se franchisee.

'n RealNet verteenwoordiger sal persoonlik met u 'n in verbinding tree.

Wees verseker van ons beste diens te alle tye.

Die RealNetSpan