1 reviews | Active since Dec 2019
RAM couriers die swakste ooit.
By verre die swakste couriers. Bestel van Brother Arms n pakkie, die koste R1000.00. Dit neem 8dae van Pretoria tot in Ladismith. Brother Arms het die verkeerde goedere gestuur. Die regte pakkie word weer gestuur saam met Ram. 8 dae is al verby, en RAM se persoon het my gebel om te sê, hulle kom lewer Dinsdag af, en steeds nog niks van hulle af nie. Brother Arms het van hul kant af probeer die pakkie op****r, maar RAM kan hulle nie sê, waar die pakkie is nie. Brother Arms stuur nou vir die 3de keer n pakkie met CourierGuy, dit gaan 3 dae neem. Mense gebruik asb enige ander courier, behalwe RAM. Hulle kantoor personeel in George antw. Ook nie n telefoon nie. Dis verseker jy gaan sukkel met RAM. Hulle gebruik seker nog Ossewa om af te lewer ook. Die rating van een ster is nog te veel. Ek moes hulle n ster gee, anders kon ek nie die review gee nie. Hulle kort n nul rating.
