KB
Kobus B

1 reviews | Active since Oct 2023

19 Oct 2023, 10:45

Uiterse swak diens.

Mees patetiese diens ooit. Was in n ongeluk die 26ste Sept 2023 waar n ander voertuig van agter in my voertuig vasgery het. Die bystand van hulle "call centre" was uitstekend en die insleep wat hulle gereel het n bietjie te "vinnig" na my sin op die toneel. Die Quicksure agent het my n paar keer ges***el en gese die insleep diens moet my voertuig na Quicksure se assessering sentrum neem. Ek het n verwysing no gekry asook die insleep se bewys strokie dat hulle my voertuig wel na die sentrum sal neem. Daar gelaat, omtrent 3 dae later ontvang ek n sms van n paneelklopper wat my eis no soek om n kwotasie aan Quicksure te gee. Volgens my staan my voertuig by hulle sentrum, so ek s***el Quicksure en vra die dame wat met my eis werk waar my voertuig is. Sy bevestig dat die voertuig by hulle sentrum staan. Ek noem aan haar dat die voertuig by n paneelklopper en nie by hulle sentrum staan nie. Sy is glad nie bewus daarvan nie. Na n week se gesukkel is my voertuig by die insleep dienste se paneelklopper gekry en na die assessering sentrum geneem. Wie weet wat alles in week van daai voertuig kon geruil word of gesteel word. . . Toe neem dit nog n week en hordes oproepe om digitale foto's geneem en by die assessor te kry. Die dame by die sentrum se verweer is dat hulle op "backlog" is. Na goedkering van die eis het dit hulle 4 dae en vele oproepe van my en my makelaar geneem om my voertuig by hulle sentrum weg te kry na hulle goedgekeurde paneelklopper. Die paneelklopper het ekstra skade ontdek op die voertuig. Die ekstra skade se kwotasie is volgens hom al die 13de Okt 2023 aangestuur na die assessor, maar tot op hede staan die voertuig na amper n maand sonder enige herstelwerk aan hom gedoen. Ek het lanklaas so deurmekaar spul beleef. Dit gaan my verstand te bowe dat n mens vir jare en jare jou polis getrou elke liewe maand betaal en dan met so frustrasie sit wanneer die nood druk en jy op jou versekering probeer staatmaak.

0
Replies (0)