1 reviews | Active since Sept 2021
Very dissapointed -Southern Centre Pick n pay
Pick n Pay Eks so jammer ek tik in afrikaans. Maar ek is so so vies. Wat het geword van na verkope diens/kliënte diens. Ek het laas jaar n Gold Air airfryer by @pick n pay southern centre gekoop. Ek het oorspronklik die Aim gevat , maar omrede die verkoops persoon gese het die Goldair is groter en hy het n 2 jaar waarborg op en is R300 meer het ek besluit ek gaan gaan met die Gold Air. Ek het dit laas jaar mei gekoop en die element het gegroet. Ek het hom terug gevat, en net so verander die storie , hy het net 1 jaar waarborg op, hulle weier om hom te vervang, die dame wat my nie eers gehelp of die betrokke dag verteenwoordig was nie, maar ook in die GoldAir departement werk het sommer arrogant geraak met my ek was te ontsteld om vir haar naam te vra, die verkoops persoon wat my van die begin afgehelp het was tjoepstil. Hulle bly net by die 1 jaar waarborg en hoe meer ek se maar ek het sy woord gevat vir die 2 jaar hoe meer stry sy met my, ek kyk nie op die boks as ek iets koop nie want ek vertrou die persoon wat dit wel aan my verkoop. My ma was saam my en sy het voor almal bevestig dit is wat hy gese het, maar hulle weier net ek het ook gese dit gaan nie oor die grootte nie hulle kan tot n kleiner een gee as hulle wil maar dit is soos poep in die wind. 4 maande net 4 maande na ek hom gekoop het. In my hele lewe sal ek nie weer enige apparaat daar koop nie.
Ek is ongelooflik teleurgesteld en die feit dat die dame wat geensins betrokke was tydens die aankope nie, arrogant ook met my geraak het het my totaal en al verbaas en ontstel omdat daar geen kliente diens ter sprake is. Ek gee nie om hoe groot of klein hy is nie ek gebruik dit vir snacks vir my kiddies en as ek geweet het dit gaan die geval wees sou ek eerder die Aim gevat het wat wel die 2 jaar waarborg ophet.
Aangeheg die slippies van als soos hy gese het ek moet hou vir die waarborg. Ek het tot die refund slippie gehou van die Aim wat ek terug gevat het om hom omteruil want hy het mos net n jaar waarborg. Nou word ek aangeval deur n 3de party voor my kinders wat gese het sy was nie die dag daar nie ek moet met die ander verkoops persoon praat wat my gehelp het hy sal daar wees tot 7 vanaand.
En nogsteeds het mev al die praat werk gedoen terwyl hy wat my gehelp het tjoepstil was. Sonde is van als dat my dogtertjie se mamma ek het jou nog nooit so kwaad gesien nie. Maar toe verduidelik ek haar soms is dit beter om nie mense se woorde tevertrou nie maar wel hulle aksies.
Die ergste bly die bestuurder wat verteenwoordig was se net hy kan dit opstuur,maar bied geensins aan nie en stel eerder net ek moet doen wat ek wil ipv om die aangeleentheid wel te verwys. Waar is die kliente diens in die situasie?
Hoop die verhaal help iemand om nie deur dieselfde teleurstelling as ek te gaan nie.
Ek gaan die inligting verseker vir Gold Air ook nou aanstuur. Groete.
