1 reviews | Active since Mar 2014
Swak dienslewering
Geagte Mnr Summers,
Ek het op Vrydag 23 Mei 2025 online die ondergenoemde yskas gekoop. Ek het toe so 15h00 die ondergenoemde epos gekry wat aangedui het dat my yskas op Saterdag 24 Mei afgelewer gaan word (ek het toe gedink dit is baie goeie diens) aangesien die oorspronklike aanduiding was vir aflewering teen Vrydag 30 Mei 2025.
Ek het Saterdag weer bevestiging gekry (sien aangehegde screenshot) dat my aflewering uit is om afgelewer te word.
As gevolg van die bevesting van die aflewering, het ons die persoon wat die ou yskas gekoop het, aangesê om die yskas te kom optel, aangesien ons nie plek het vir hom as die nuwe yskas afgelewer gaan word nie. Al die inhoud van die ou yskas staan dus orals in die kombuis rond reg vir inpak in die nuwe yskas.
Ons het 3 keer deur die dag (Saterdag 24 Mei) julle Online call centre ges***el (11h36, 13h57 & 14h40) om te hoor hoe laat die yskas afgelewer gaan word. Al wat vir ons gesê is, is dat PnP Fairy Glen die yskas moet aflewer. Na die laaste oproep sou 'n bestuurder (naam onbekend) my terug s***el wat tot nou toe nog nie gebeur het nie. Dit sal seker eers in 2037 gebeur gegewe die huidige vlak van dienslewering van besighede.
Daarna het ons besluit om self vir PnP Fairy Glen te s***el. In ons 1ste oproep het ons seker 5 minute aangehou vir die sogenaamde Online Bestuurder Edgar. Die oproep is afgesny sonder enige antwoord. Daarna het my vrou hulle weer ges***el en met Khaya gepraat wat een van die bestuurders is, teenoor wie sy vreeslik afgegaan het wat teen daardie tyd was sy al woedend. Sy het ook vir Khaya gevra wie gaan ons kos vervang wat vrot word buite die yskas. En sy antwoord was, hy weet nie. Hy sou binne 5 minute vir Edgar kry om haar terug te s***el wat eers ongeveer 'n uur later plaasgevind het. Needles to say, toe hoor ons ook dat daar nie online aflewerings oor naweke plaasvind nie en dit is seker maar net 'n fout dat die epos na my toe gekom het. Wel die "fout" het ons nou 'n klomp geld gekos met al die kos wat vrot geword het omdat dit nie in 'n yskas/vrieskas was wat ons sou gehad het nie as daar by die aflewerings bevestiging vanaf PnP Online gehou was waarvolgens ons beplan het nie.
Ek wil net weet of u asseblief vir "fout" kan op****r sodat "fout" die volgende kan vervang wat ek moes weggooi: 4 pakke beesstert, ongeveer 3 kg mince, ongeveer 2kg lam chops, ongeveer 2kg hoender fillette, ongeveer R400 se bewerkte groente van ons African Grey, 2kg verwerkte Westermans cooking mix van ons African Grey, 2kg verwerkte Rani Sprouts van ons African Grey, 4 bakkies cream cheese en 1L vars room (wat gevries was). Gelukkig vir "fout" het ons nog in die ander vrieskas 'n paar pakkies kos van ons African Grey (streng dieet) gehad, want hy verstaan nie as daar nie kos is vir hom nie.
Aangesien "fout"/ "error" duidelik werksaam is by PnP, hoop ek u kan hom in die hande kry om my bederfde kos te kan vervang, want ek kan nie sien hoekom ek moet ly as gevolg van "fout"/ "error" wat 'n fout gemaak het om 2 keer 'n foutiewelike epos te stuur oor my aflewering nie.
My African Grey het nog kos vir 3 dae, so ek hoop om spoedig van u te hoor oor die aflewering van die bestelde yskas asook wanneer "fout" of PnP my gaan gaan vergoed vir die verlies van die bederfde kos.
My vrou vra ook dat u haar dank aan "fout" oordra wat nou haar verjaarsdag geskenk kom bederf het met die swak diens.
Ek hoor dus spoedig van u.
Braam Oosthuizen *** Show quoted text
Mr S Summers CEO...thanks for you quick response on our email eventhough it was a Sunday evening. You sure are a CEO that cares about his comoany and his clients, and that is rare in South Africa nowadays.
Mr. J van Vuuren... Baie dankie ook vir U goeie diens en dat U ook op n Sondag aand die moeite gedoen het om ons te ****ak. Dis kliente diens van formaat.
Dankie ook aan Michael van Niekerk van Fairy Glen tak vir U diens aan ons as kliente en dat U uit U pad gegaan het om self na ons toe te ry en ons goedere te vervang. Dankie ook vir die geskenkie
Daar is darem 3 mense by puck n pay wat kliente diens verstaan en trots het in hulle werk 🤗🤗😘😘
Mr S Summers CEO...thanks for you quick response on our email eventhough it was a Sunday evening. You sure are a CEO that cares about his comoany and his clients, and that is rare in South Africa nowadays.
Mr. J van Vuuren... Baie dankie ook vir U goeie diens en dat U ook op n Sondag aand die moeite gedoen het om ons te ****ak. Dis kliente diens van formaat.
Dankie ook aan Michael van Niekerk van Fairy Glen tak vir U diens aan ons as kliente en dat U uit U pad gegaan het om self na ons toe te ry en ons goedere te vervang. Dankie ook vir die geskenkie
Daar is darem 3 mense by puck n pay wat kliente diens verstaan en trots het in hulle werk 🤗🤗😘😘
